Leesplan inligting

Bestuur Hartseer Na Hoop en GenesingVoorbeeld

Navigating Grief to Hope and Healing

DAG 4 VAN 5

Vind Skatte Langs die Pad


Vriende bedoel goed, maar hulle weet dikwels nie wat om te sê nie. Wanneer dit gebeur, soek vrede in sy Woord.



Ek wil die spesiale geskenk wat ek as weduwee ontvang het met jou deel want ek dink dit bewys dat iets wat absoluut niks kos nie, alles kan beteken. 



Twee van my skrywersvriende, een in die Wes Kaap en een in die Vrystaat, het 'n oproep aan vriende en lesers van my boeke gedoen om hulle te laat weet dat ek my man verloor het. Hulle het kort notas van ondersteuning by hulle aangevra. Hulle het elke boodskap uitgedruk en dit individueel in klein rolletjies gerol wat dan in mooi plakboek papier toegedraai en met 'n mooi lint vasgebind is. Hulle het al daardie kleurvolle rolle in 'n dekoratiewe skatkissie geplaas en dit vir my gegee.



Ek het 'n paar van die boodskappe gelees op die dag toe ek die kissie ontvang het. Dit het my so diep geraak dat ek net 'n paar op 'n slag kon lees. Ek dink nie ek het veel meer gelees in drie maande nie. Sommige was van mense wat ek nog nooit ontmoet het nie. Ander was van goeie vriende, maar elkeen was so vol liefde. Daardie skatkis het 'n reddingsboei geword. Wanneer ek seer gehad het, het ek 'n boodskap uitgehaal en krag gekry. Ek wend my steeds tot hulle wanneer ek krag nodig het en bid tot Hom met dankbaarheid in my hart. Dit voel asof, maak nie saak hoeveel keer ek teruggaan na daardie boodskappe nie, daar iets nuuts is met die perfekte tyd in die boodskap. 



Ek hoop jy ontvang jou eie weergawe van 'n skatkissie gevul met bemoedigende boodskappe. Dit is dalk nie in die vorm van klein notas wat onder pragtige lintjies gerol is nie, maar of dit nou 'n boek van oordenkings is, 'n kalender met mooi blomme, of 'n fotoalbum van herinneringe, bid ek dat jy vertroosting en vrede sal vind by diegene om jou. Terwyl jy hierdie oordenkings lees, skryf die woorde neer wat vir jou uitstaan. Draai na dit wanneer jy gerusstelling en hoop nodig het.



Nog 'n onverwagse skat wat my baie vertroosting gebring het, is die gedenkplaatjie wat ek op my laaikas geplaas het sodat ek dit eerste elke oggend sou sien. Dit lees: “Goeie môre, dit is God. Ek sal vandag al jou probleme hanteer. Jou hulp is nie nodig nie — so, geniet 'n goeie dag! Ek het jou lief!" Ek het sedertdien drie keer verhuis, maar daardie negosie-winkel gedenkplaatjie is nog op my laaikas. 



Wanneer ons gestuur word deur hartseer, word ons gedwing om bekommernis, verdriet, vrees en woede te beveg. Dis nie maklik nie. Maar een van my gunsteling gesegdes is: "Onderbreek bekommernis met dankbaarheid." Is dit nie poëties nie? Mense sal vir jou sê om op te hou om bekommerd te wees, maar dit is nie so maklik soos dit klink nie. Jy moet bekommernis onderbreek om dit werklik te stop, en dankbaarheid is die manier om dit te doen. Ek wil jou uitdaag om drie dinge neer te skryf waarvoor jy op die oomblik dankbaar is, so die volgende keer as bekommernis jou oorval, kan jy daardie lys uitpluk en dit onderbreek. Jy sal dankbaar wees vir daardie lys. Glo my.



Hemelse Vader, sprinkel u vreugde en hoop soos skulpe langs die strand vir ons om te versamel en te koester. U liefde is groter as enigiets, en ons koester dit, saam met die opofferings wat U vir ons gemaak het. Laat ons die skoonheid in die gawes en gunste sien wat gedurende hierdie moeilike tyd na vore gebring is. Plaas die regte mense op ons paaie wanneer ons seerkry, en lig ons op sodat ons met selfvertroue ons gawes deel. Mag u lig oor ons skyn, die verdriet verlig en ons pad verlig wat U beplan het. Stel ons in staat om die geleentheid te herken om ander aan te raak wat daarby kan baat. Sterker in u Woord elke dag — Amen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Navigating Grief to Hope and Healing

Hartseer is moeilik om te verstaan of te verduidelik. Toe ek my man verloor het, was dit soos om hartseer en eensaamheid te kombineer met angs oor wat môre sou bring en vrees vir hoe ek dit alles sou hanteer. As jy vind ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/668252/the-shell-collector-by-nancy-naigle/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid