Leesplan inligting

Lewe Veranderd: As 'n Enkel MaVoorbeeld

Living Changed: As a Single Mom

DAG 1 VAN 6

Werklikheid


Van al die enkelma's wat ek ken, weet ek nie van enigeen wat ooit beplan het om een te word nie — ekself ingesluit. As ons daarvan gedroom het om 'n gesin van ons eie te hê, het ons beslis nooit gedink ons sal dit alleen moet doen nie. Dit maak nie saak hoe ons by enkelma uitkom nie, dit is moeilik. 



My reis as enkelma het begin toe my man van amper 10 jaar ons huwelik skielik verlaat en uit die dorp getrek het. Met twee jong kinders en een op pad, het ek vreesbevange en hopeloos gevoel toe ek gekonfronteer word met die werklikheid dat ek hierdie kinders op my eie sou moes grootmaak. Daardie eerste jaar het ek in 'n mis van hartseer deur my dae beweeg, en het bloot uit oorlewingsinstinkte opgetree. Ek het daarin geslaag om die kinders gevoed en geklee te hou terwyl ek die meeste nagte myself aan die slaap gehuil het.



Alles het soos 'n stryd gevoel — emosioneel, fisiek, finansieel en geestelik. Ek het soveel vrae en soveel woede gehad. Hoekom moes ek dit alleen hanteer? Het God my enigsins gesien? Die meeste van die tyd het ek gewonder wat met my en my kinders sou gebeur. Sal ons regkom?



As jy dieselfde gevoelens ervaar en soortgelyke vrae het, wil ek hê jy moet weet dat daar hoop vir jou en jou gesin is, want daar is hoop in Jesus. God sien jou, en Hy gee geweldig baie om vir jou en jou kinders. Terwyl gevoelens van eensaamheid, frustrasie en uitputting 'n werklikheid is, is die God wat jou geskep het ook 'n werklikheid. Hy het jou toegerus vir hierdie reis.



Jesus, ek roep na U om hulp en hoop. Alhoewel ek dalk alleen voel, dank ek U dat U altyd by my en vir my is. Help my om te sien waar U in my situasie werk en om te bly glo dat u planne vir my goed is. Ek wil U meer vertrou. Vermenigvuldig my geloof! Amen.





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: As a Single Mom

Die werk van 'n enkelma is moeilik en soms eensaam, maar dit is ook die belangrikste rol wat jy ooit sal speel. Die waarheid is, God het jou gekies en toegerus om jou gesin te lei. In hierdie 6-dag leesplan, sal jy hulpb...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid