Leesplan inligting

Singende in die Donker: Om Hoop te Vind in Liedere uit die SkriftegedeeltesVoorbeeld

Singing in the Dark: Finding Hope in the Songs of Scripture

DAG 1 VAN 4

Singende in die Donkerte


Ons almal ervaar donkerte. Persoonlik het ek op driejarige ouderdom my sig verloor as gevolg van 'n optiese wegkwyning en verskeie degeneratiewe oogsiektes.



Miskien het jou donkerte in die vorm van 'n pynvolle verlies gekom, 'n kroniese of terminale siekte, diepe eensaamheid, verslawing of onophoudelike angstigheid en droefheid. Of jy aanklank vind in enige van hierdie kategorieë of nie sal jy, omdat jy 'n mens is, weet wat dit is om teen donkerte te veg.



Daar is die donkerte wat ons verhoed om die pad vorentoe helder te sien; die waas van onsekerheid terwyl ons ons weg in die wêreld moet vind. Dan is daar die donkerte wat ons verhoed om God aan hierdie kant van die hemel van aangesig tot aangesig te ontmoet, wat ons roep om in geloof te vertrou, want: "nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken" (1 Korintiërs 13:12). Enige donkerte waarvoor ons te staan kom, kan ons leer om te sing van hoop. Ware, diepe, onwrikbare hoop wat ons ervaar omdat ons weet God het deur ons donkerte gebreek en dit vir eens en vir altyd oorwin.



Hierdie leesplan is baie meer as om net 'n lied te laat hoor — dit gaan daaroor om 'n ingesteldheid te skep en in te oefen, omdat ek oortuig is dis die enigste manier om in elke situasie met vreugde deur die lewe te gaan.



Ons almal verlang om volkome heel te wees. Ons wil graag perfek wees. Daarom doen ons ons bes om die gebrokenheid in ons en om ons te vermy. Ons sluit ons daarvan af of ons maak die lawaai van ons besige lewens harder om onsself af te lei. Ons gee voor dat die donkerte nie bestaan nie. Ons verkies om nie te sing nie.



Wat as ons wel sing? Wat as ons in die donkerte liedere van hoop begin sing? Of treursang in ons pyn en gebrokenheid, maar ook oor die komende heelwording? Wat as ons van beide lyding en ons komende heerlikheid sing? Wat as ons van die ewige vreugde sing wat langer sal duur en uiteindelik oor ons droefheid sal triomfeer? Sou sulke liedere vir ons die hoop en vreugde gee om nou die donkerte te oorkom?



Om die donkerte te ignoreer maak dit nie lig nie. Om gebrokenheid te ignoreer bring nie verlossing nie. Om in die donkerte te sing kan ons egter heelmaak en ons verander. Wanneer ons liedere aan God gerig word, ons Gewer van liedere en heelmaking, dan bring dit vir ons uitermate hoop en vreugde. Dit verg moed om in die donkerte te sing, veral in die oomblikke wanneer ons lewenspaadjie nie vir ons sin maak nie. Wanneer onsekerheid en twyfel ons oorweldig. Dit lyk vir my, moed begin groei terwyl ons sing.



Indien jy jou lewenslied in die donkerte van hartseer, liggaamlike lyding, onsekerheid of afsondering gesing het, of indien jy net wil leer sing oor hoop ongeag wat jou omstandighede ook al is, dan nooi ek jou uit om saam met my die liedere van die Skrif te bestudeer terwyl ek my verhaal met jou te deel. Tesame sal ons op 'n reis gaan wat ek bid en glo, jou sal help om die oneindige hoop en eindelose vreugde te ervaar wat in Christus belowe word.



Nadenke: 'n "lied" hoef nie letterlike musiek te wees nie. Dit is wat ook al herhaal word in jou hart en gedagtes. Watter "lied" speel oor en oor in jou kop, goed of sleg? Vra God om jou sy lied van liefde en waarheid te leer sing.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Singing in the Dark: Finding Hope in the Songs of Scripture

Alte dikwels veroorsaak die lewe se uitdagings en vrae dat mense teen gevoelens van twyfel en wanhoop veg terwyl hulle herhaaldelik opsoek is na hoop. In "Singing in the Dark" stel Ginny Owens die leser bekend aan kragti...

More

Ons wil graag vir David C. Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidcook.org/singing-dark-reading-plan/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid