Leesplan inligting

Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se HartVoorbeeld

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

DAG 1 VAN 10

Die Hart van 'n Ma


In elke ma se siel is 'n hart wat 'n bewaarplek word vir mooi herinneringe, moeilike lesse, heerlike oorwinnings, doodgewone dae, felle mislukkings en God se genade oor al die jare van ma-wees. Die hart van 'n ma wat geboorte gegee het aan die toekoms van die mensdom of met liefde die saad van die toekomstige geslag aangeneem het, ontwikkel kamers van onoortreflike wonder en stille krag. Dit is die kamers van 'n moeder se hart.



Die vreugde van ma-wees sal in jou huis en hart instroom wanneer jy waarlik die diepe doel van moederskap verstaan. Indien jy verkeerdelik glo dat jy net 'n kinderoppasser, kok, skoonmaker of wasvrou is, gaan jy min vreugde ervaar in jou invloedsterrein. Die oomblik wat jy egter uiteindelik besef dat jy besig is om die geskiedenis ter wille van die koninkryk van God te verander, sal jy die pure plesier van moederskap in jou lewe begin ervaar.



Vreugde volg wanneer jy weet wat jou doel is. Jy is 'n vrou met 'n ewigdurende doel! Jy maak die Daniels, Esters en die Petrusse van die volgende geslag groot; doen dit dus met groot vreugde! Die grootste impak wat jy gaan maak, sal wees onder die doodgewone mense wat jy die beste ken en die liefste het.



Elke gebed wat jy nog gebid het, is gehoor, liewe mamma. Hy het nader geskuif en vir jou sy volle aandag gegee. Geen wens wat jy in jou hemelse Vader se oor gefluister het, het verlore gegaan nie. Jou begeertes is van kardinale belang vir Hom. Hy smag daarna om jou opregte begeertes te hoor en dat jy hulle voor sy spyker-deurboorde voete sal neerlê. Elke lied wat jy kies om tussen die hope speelgoed, macaroni-en-kaas wat op die kombuiskas vassit en klein mensies wat aan jou bene vasklou te sing, is 'n glorieryke himne aan die hemelse ore. 



God kan vir jou al die genade gee wat jy nodig het vir elke moeilike asook elke eentonige dag van ma-wees. Hy het jou kinders liewer as wat jy hulle ooit sal hê en Hy het jou as sy vennoot gekies om hulle karakter, temperament en geloofspad te ontwikkel. 



Jy is gekies om hierdie spesifieke kinders in jou huis groot te maak. Doen dit met genade, krag, eer en vreugde!









Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding Joy in the Rooms of a Mother’s Heart

Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat ...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid