Leesplan inligting

Wedstryd Van Die LeweVoorbeeld

Wedstryd Van Die Lewe

DAG 1 VAN 10

Sport en die lewe 


Om die lewe te vergelyk met sport is nie vergesog nie. In sport, of dit nou rugby, netbal, krieket of atletiek is, vorm jy deel van ’n span. Sekere sportsoorte is nie bekend as spansporte nie, byvoorbeeld atletiek. Maar wanneer atlete vir ’n span gekies word om hulle land te verteenwoordig by die Olimpiese Spele maak die spandinamika dit net nog meer opwindend!


Om deel te word van die span, moet jy baie hard werk en ure se oefening insit. Dis die werklikheid van sport. Hoe werk dit in die lewe? Hoe werk dit met God en sy span? Wat moet jy doen om deel van sy span te word en te bly?


Elke span het afrigters. Daar is afrigters wat spesialiseer in verdediging of aanval of die fiksheid van die spelers. Daar is sogenaamde kopafrigters wat spelers leer om emosioneel en in hul denke sterk te wees. Die afrigter moet ook sorg dat elke speler in die regte posisie speel. Kan God gesien word as ’n afrigter? Indien wel, watter tipe afrigter is Hy? Hoe werk sy afrigting? Wie speel waar in God se span? 


Op ’n sportveld het jy jou eie span se spelers en ook jou opponente. Hoe moet jy saam met jou spanmaats in God se span leef? En opponente – wat word bedoel met ’n opponent as dit kom by die span van die lewe en hoe moet ek teenoor hulle optree?


Dit maak ons moedeloos en selfs kwaad wanneer die span wat ons ondersteun, droogmaak. Die realiteit is sportmanne en -vroue maak foute. Wat doen jy in die lewe? Daar is soveel verkeerde keuses en dom besluite wat jy al gemaak het. 


Dan is daar natuurlik die beseringspook! Wat maak jy met die “beserings” van die lewe? 


In die lewe is daar beslis nie elke dag medaljes, trofees en podiums soos in sport nie. Tog is daar baie meer op die spel as om op ’n podium in ’n stadion te staan en jou te verlekker in die toejuiging van mense. Niks, absoluut niks, kan vergelyk met die voorreg en eer om in God se span te kan speel nie. Hy het jou vir ’n spesiale posisie in sy span gemaak sodat jy jou beste vir Hom en sy span kan gee. Dit is baie belangrik dat elke sportman en -vrou besef die lewe gaan oor méér as sport.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wedstryd Van Die Lewe

Die lewe en sport het baie raakpunte. Dit vra harde werk, oefening en toewyding om ’n wenner in sport te wees – en so ook in die lewe. Maak God die “afrigter” van jou lewe. Doen die spel van die lewe saam met God in sy s...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid