Leesplan inligting

Gesonde Gesinsverhoudings In ’N Virtuele WêreldVoorbeeld

Gesonde Gesinsverhoudings In ’N Virtuele Wêreld

DAG 1 VAN 7

Die realiteit vandag van gebrekkige verbintenisse in gesinne


Die taal van ons tyd is spoed. Die taal van ons tyd is vinnig. Die taal van ons tyd is haastig en gejaagd. Soveel mense, soveel ouers en kinders, en dus gesinne, praat dié taal en dryf al hoe verder van mekaar af. Jonk en oud raak al hoe meer verslaaf aan vinnig en haastig. Dit plaas geweldige druk op die reeds baie brose verhoudings in gesinne.


Baie ouers verkeer onder die indruk dat hulle juis ter wille van hulle kinders besiger moet wees, harder moet werk en meer moet doen. Dis ’n absolute illusie. Jou kind soek meer van jóú, nie meer van jou besig-wees nie. Jou kind soek meer van jou menswees en minder van jou geld en besittings. Jou kind verlang na jóú.


Die statistieke oor ontspanning is skokkend. In die VSA sê meer as 14% van die bevolking dat hulle geen tyd kry om te rus of ontspan nie. 40% sê dat hulle baie min tyd het vir ontspan. 65% van werkende ma’s is desperaat oor te min of geen tyd vir ontspan terwyl 55% van werkende pa’s voel hulle val in dié kategorie. Ontspanning raak ’n luukse, en die moderne mens se verhoudingslewe ly daaronder, beginnende by huweliksmaats en die gesin. Ons skeep mekaar af, en dis dalk nodig dat iemand dit hard, reguit en eerlik sê: Dis nie goed nie. Dit beskadig jou en die mense om jou.


In die baie gejaagde en kompeterende kultuur waarin ons vandag leef, is die dinge wat afgeskeep word, dinge soos om as gesin saam te eet, om te kuier om ’n braaivleisvuur, om vir naweke saam weg te gaan of, om kwaliteit vakansies saam te hê. Waar is die sogenaamde saamkuier waarvan almal praat? Dis by die agterdeur uit. Dit verdwyn soos mis voor die son as gevolg van haas en kompetisie.


Gesonde gesinne word al lankal bedreig. Die egskeidingsyfer is geweldig hoog en baie huwelike word bedreig deur ontrouheid, alkoholisme en ander vorme van verslawing. Ons het nodig dat mans en vroue weer in die huwelik aan mekaar toegewyd raak. Ons het nodig dat ouers en kinders, wat almal smag na intieme verhoudings, weer aan mekaar toegewyd raak, met innige liefdesbande en sterk verhoudings. ’n Nuwe vlak van verbind-wees is nodig.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gesonde Gesinsverhoudings In ’N Virtuele Wêreld

Baie ouers is totaal onkundig hoe tegnologie vandag in die wêreld misbruik word. Selfone, TV’s, tablette, rekenaars en ander media het ons lewens oorgeneem, in plaas van kom verryk. Liewe ouer, dit moet ophou! Leer hoe o...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid