Leesplan inligting

Wanneer Alles Blou IsVoorbeeld

Wanneer Alles Blou Is

DAG 1 VAN 7

Die donker waters van depressie


Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is die siekte wat die meeste mense van ’n produktiewe lewe beroof depressie. Geestesgesondheidsprobleme word steeds geweldig misverstaan en gestigmatiseer. “Ruk jou net reg,” sê mense graag. En tog beïnvloed depressie die manier hoe ’n mens eet, slaap, dink en voel. Sonder behandeling kan die simptome vir weke of jare voortsleep — en ’n geweldig negatiewe invloed op ’n mens se lewe hê.


Sê vir die Here dankie vir medisyne en vir talentvolle dokters en terapeute wat jou kan help. Maar jy moet óók jou gemoedstoornis voor God se troon gaan neerlê. Hy weet — beter as jyself — wat die toestand van jou gees is. Dalk voel jou situasie hopeloos, maar Hy belowe dat Hy vir jou wysheid en insig sal gee terwyl jy jou pad vind oor die donker waters van depressie.




LOOP JOU BEKOMMERNIS WEG


’n Studie het bevind dat mense wat ses dae per week vir 35 minute lank stap ’n afname van 47% in depressievlakke ervaar het. Drie uur se gereelde oefening per week is nét so effektief om die simptome van ligte tot matige depressie te verlig as antidepressante! Navorsers het selfs al presiese oefeningsriglyne opgestel om dieselfde effek op die liggaam te bewerkstellig as wat ’n antidepressant sou hê. Probeer om drie tot vyf kardiovaskulêre sessies per week in te pas, elkeen 45 tot 60 minute lank en teen ’n matige intensiteit. Vul dit aan met kragoefeninge: drie stelle van agt repetisies. Terwyl intensiewe aktiwiteit daardie goedvoel-endorfiene afskei waarvan ons almal so baie hou, is dit gereelde aktiwiteit wat die groei van senuweeselle in die brein stimuleer — en dís wat help om ’n mens se gemoed te lig en depressie teen te werk.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Alles Blou Is

Depressie raak wêreldwyd ’n geskatte 300 miljoen mense. As jy een van hulle is, is daar heelwat wat jy kan doen om ’n verskil in jou gemoed te maak. En die heel belangrikste is om jou gevoelens voor God te gaan neerlê. H...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid