Leesplan inligting

Die Regte GodVoorbeeld

Die Regte God

DAG 1 VAN 7

God is goed


A.W. Tozer was reg. Hy het gesê wat in ons gedagtes opkom wanneer ons aan God dink, is die belangrikste aspek omtrent ons.


Hoekom? Want as ons God as ’n kosmiese polisieman sien, sal ons altyd op ons pasoppens wees. As ons Hom as ’n kwaai regter sien, sal ons altyd skuldig voel. As ons Hom as ’n veraf en onbetrokke skepper sien, sal ons beswaarlik kan glo in ’n Hemelse Vader wat lief is vir ons.


Ons siening van God vorm dit waarin ons glo, ons verhoudings, persepsies, houdings, besluite . . . alles.


Gelukkig hou God nie sy ware gesig versteek in die hemel nie. Hy wil geken word. Hy openbaar Homself aan ons deur die Woord, die natuur en sy Seun, Jesus.


God het die mensdom geskep en het deur die geskiedenis die mens se hart nagestreef spesifiek om met ons te deel wie Hy is en sodat Hy ’n verhouding met ons kan hê. Dis hoe ons geskape is: vir diep, persoonlike intimiteit met Hom!


Maar ons kan nie daardie soort verhouding met God hê tensy ons Hom volkome vertrou nie. En ons kan Hom nie vertrou tensy ons glo Hy is goed nie.


Maar die Here sê: “Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep . . . (Eksodus 33:19, 1983-vertaling)


Hoe sal jou lewe lyk as jy werklik glo ’n goeie God smag daarna om vir jou sy absolute beste te gee?


Hoe sal dit jou . . .


·  houdings,


·  hoop,


·  besluite,


·  motivering,


·  gewilligheid om te vertrou en ander lief te hê, en


·  jou vermoë om vir jouself lief te wees beïnvloed?


Dit sal vir jou makliker wees om te glo, of hoe? Jy sal lewe met hoop en ’n verwagting. Jy sal veilig voel. Jy sal met selfvertroue en geborge deur die lewe gaan soos ’n kind wat geliefd is.


God is vir jou, nie teen jou nie. Hy is vrygewig, uitspattig, gretig om jou te seën en te red. Sal jy vandag oor hierdie waarheid nadink? Leef in daardie versekering en verdiep jou verhouding met die regte God!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Regte God

Hoe sien jy God? Die antwoord op dié vraag vorm nie net jou geloof nie, maar jou persepsies van jouself, jou lewensbeskouings, jou doelwitte — jou hele lewe. Om ’n onakkurate siening van God te hê kan jou lewenslank laat...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/the-real-god-workbook/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid