Leesplan inligting

'n Lewe van IntegriteitVoorbeeld

A Life Of Integrity

DAG 1 VAN 4

"Wat Is Integriteit"



Dit is moeilik om integriteit te definieer. Die verklarende woordeboek sê dit is regskapenheid, onomkoopbaarheid en onskendbaarheid. In die alledaagse lewe word integriteit as eerlikheid en betroubaarheid beskou . Indien ons integriteit op hierdie 2 definisies bou, kan ons 'n lewe lei waar ons kies om moreel reg te lewe, sodat ander op ons kan staatmaak en sien dat ons reg lewe. Altwee hierdie definisies is reg, maar tog ontbreek daar iets. Integriteit is soveel meer as dit.



Ware integriteit behels die volgende: om te lewe en woorde te spreek volgens wat God sê wat reg is. Integriteit vereis dat ons woorde en dade getrou is aan God se beginsels en waarheid. Hoekom is dit op God se beginsels gebaseer? Hy is die outeur van alles wat reg en waar is. Wanneer ons in die geloof lewe dat God ons skepper is, moet ons onthou dat Hy ons geskape het om volgens Sy standaarde en waarheid te leef.



Hy het ons geskape sodat ons ons morele en etiese beginsels van Hom af kan kry. As ons dit op enige ander plek vind, is dit mensgemaak en nie ware integriteit nie. Sy waarheid is die enigste wat ons in 'n lewe van ware integriteit kan lei. Dus, om met integriteit te lewe, beteken dat ons ja sê vir wat God sê reg en goed is, ongeag die nagevolge.



Integriteit is meer waardevol as rykdom en meer belangrik as ons gerief. Die eerste stap na 'n lewe van integriteit is geloof in God se Woord en dat dit die enigste standaard is wat ons kan gebruik om ons kernwaardes te toets en te ontwikkel. Besluit vandag dat jy jou hart sal toelaat om oop te wees vir 'n soektog na wat integriteit is en waar dit vandaan kom.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Life Of Integrity

Bedoel jy wat jy sê, en sê jy wat jy bedoel? Is jou optrede en woorde in lyn met wat jy sê en glo? In vandag se samelewing is dit moeilik om met integriteit te lewe. In hierdie leesplan kyk ons van naderby wat dit behels...

More

Baie dankie aan Markey Motsinger wat hierdie plan verskaf het. Besoek gerus markeymotsinger.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid