Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe Die Moeite Werd Om Te LeweVoorbeeld

Vibrant: A Life Worth Living

DAG 1 VAN 5

Ons is nooit op hierdie aarde geplaas om eenkant en apart van ander te leef nie; die plan van die Vader, van die tuin van Eden vorentoe, was vir ons, sy kinders, om die tevredenheid en wonder te ontdek van menslike verhoudinge. Dit is in die saamspan met ander in die gesin, in die kerk of in die werksplek wat ons die gesonde verwantskap ontdek wat bedoel was om ons te verenig.


As daar een plek is waar die vyand ywerig poog om hartseer, verwerping en ergernis te veroorsaak is dit in menslike verhoudinge. En as daar een plek is wat die Here wil seën met vervulling, tevredenheid en onvoorwaardelike liefde, is dit menslike verhoudinge.


Ons behoort aan mekaar en ons moet mekaar behandel soos ons graag behandel wil word. Ek het deur die loop van my lewe besef dat my doel is om met ander mense te praat soos ek wil hê ander mense met my kinders moet praat. Ek hoop dat mense vir my kinders die waarheid sal vertel, maar ek wil egter ook hê hulle moet wys en gaaf wees in hulle eerlike benadering.


God wil hê sy kinders moet emosioneel gesond wees en die enigste manier vir dit om te gebeur is as jy kies om die een wat jou kwaad gemaak het heelhartig te vergewe voor die son sak.


Die Vader weet watter langtermyn skade haat aan jou hart kan doen. Hy weet altyd die beste en Hy smeek by jou om dit te laat gaan.


Die vader van leuens sal jou mislei deur jou te laat glo dat jy die reg het om kwaad te wees. Jy, my vriend, het egter nie die reg om haat as 'n lewenslange maat aan te gryp nie. Jy, wat baie vergewe is, moet 'n kundige raak in vergifnis.


Die duiwel is 'n brullende leeu wat rondloop opsoek na 'n niksvermoedende maar kwaad Christen om te verslind in die donker van die nag. Dit is die vyand se gunsteling tyd om ons te bespring en dit is die rede hoekom die Heilige Gees ons aanmoedig om nie die son te laat saak oor ons haat nie. Die Vader nooi jou vandag om 'n haat vrye lewe te leef wat glorieryk en vrugbaar is! Ons dien 'n liefdevolle God wat lei deur 'n voorbeeld te wees en Hy het jou jou sondes vinnig en geheel en al vergewe. Die eerbare en merkwaardige lewe van jou drome is vrylik aan jou beskikbaar met jou keuse om te vergewe.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life Worth Living

Elke persoon kan kies om lewenslustig te wees, en so 'n lewe begin deur Jesus te volg. Elke karakter eienskap wat ons geroep word om te koester, elke daad van goedhartigheid of liefde en elke woord van deernis of sagthei...

More

Ons wil Whitaker House bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid