Leesplan inligting

Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou TestamentVoorbeeld

Iron Sharpens Iron: Life-to-Life® Mentoring in the Old Testament

DAG 1 VAN 5

Dag 1: Abraham en Lot



Abraham verskaf aan ons van die vroegste voorbeelde in die Ou Testament hoe om 'n begeleier of mentor te wees. Hy het 'n pad gestap met sy broerskind Lot, wat saam met hom uit hul tuisdorp Ur, weggetrek het na die nuwe land wat God beloof het. 



Van die staanspoor af was Abraham 'n begeleier deur die voorbeeld wat hy gestel het. Lot het toegekyk hoe Abraham God ontmoet het, van Hom gehoor en met Hom gepraat het. Hy het gesien hoe Abraham altare bou vir die Here wat aan hom verskyn het. Lot het ook opgelet hoe uiters afhanklik Abraham van God was, in wie hy ook mettertyd sy vertroue geplaas het.



Die Here het albei voorspoedig gemaak, totdat 'n tyd aangebreek het wat die land nie voldoende vir beide se kleinvee, kuddes en tente kon voorsien nie; dus moes hulle paaie skei. In 'n gebaar van hoflikheid, het Abraham vir Lot genooi om eerste te kies waar hy hom wou gaan vestig, sodat Abraham dan in die teenoorgestelde rigting kon gaan.



Let op hoe Abraham 'n ogie oor sy broerskind gehou het. Hy het tot Lot se redding gekom toe dié homself in 'n krisis bevind het. Hy het ook ten diepste namens Lot en sy gesin ingetree toe 'n ander krisis ontstaan het.  



Watter praktiese lesse vir lewe-tot-lewe mentorskap kan ons uit hierdie verhouding neem? Eerstens moet ons nie die krag van 'n persoonlike voorbeeld onderskat nie! Deur jou voorbeeld, is jy vir baie 'n mentor, in besonder vir diegene met wie jy ten nouste te doen het. 



Tweedens moet ons diegene vir wie ons begelei, toelaat om hulle eie koers te bepaal. Ons het 'n beperkte tyd met hulle en moet hulle vir die langtermyn in God se sorg laat. Soms sal hulle onwyse of selfs tragiese besluite neem (Genesis 19:8, 33, 34). Terselfdertyd, laat ons hulle nooit heeltemal gaan nie. Ons bly gereed om deur God gebruik te word om sy waarheid in hul lewens te bring, om alles binne ons vermoë te doen sodat hulle lang, vrugbare lewens in die Here kan lei. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Iron Sharpens Iron: Life-to-Life® Mentoring in the Old Testament

Verlang jy daarna om "dissipels te maak wat dissipels maak", om sodoende in Jesus se voetspore te volg deur die groot sendingopdrag uit te voer (Matteus 28:18-20)? Indien wel, mag jy agtergekom het dat dit moeilik kan we...

More

Ons wil graag "The Navigators" bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by: https://www.navigators.org/youversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid