Leesplan inligting

Every Nation Faith City - StemmeVoorbeeld

Every Nation Faith City - Stemme

DAG 1 VAN 4

Dag 1 – Die Bewyse Van God se Stem.


In Genesis 1 lees ons hoe die aarde en die hemel met alles daarin geskape word wanneer God net praat. God se stem is die fondament van die heelal, alles wat geskape is het in werklikheid gekom toe Hy gepraat het. Sy stem het die krag om te kan skep, net sy stem alleen.


Nadat God alles geskape het, het Hy gesien dit is goed. Tog sê God in Genesis 2:18a: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie”. Die Here God het toe vir Adam opdrag gegee om al die diere wat Hy geskape het name te gee, asook om die grond van die aarde te bewerk. God het toe vir Adam 'n vrou, genaamd Eva, geskape om hom te help (Gen. 2:18b). Hulle kon van elke boom in die tuin eet behalwe die boom van alle kennis, anders sou hulle sterf. Toe hulle deur die slang verlei is, het hulle van die boom geëet. Hoekom?


Pieter Coffee skryf in sy boek, Voices:


"Om ons ore vir enige stem oop te maak en daarna te luister, beteken dat ons ook gewillig is om raad en aanbevelings van daardie stem te aanvaar. Dit is wat met Adam en Eva gebeur het. Wat God in privaatheid gesê het, het skielik in 'n openbare debat verander. Na watter stemme luister jy? Waar en van wie ontvang jy jou raad?"


Ten spyte van die sondes in ons daaglikse lewe, het God nog steeds ʼn plan vir ons. Ons is die werke van sy hande en sy gekose mense. Hy roep ons terug na Hom toe en Hy wag vir ons om te reageer op sy stem. God wil ons naby Hom hê en dit is hoekom Hy sy seun, Jesus Christus, gestuur het. 


Wy vandag ʼn oomblik daaraan om die volgende te bid:


Vader, ek kom voor U, net soos ek is. In my sonde en gebrokenheid, vra ek dat U al my sonde sal vergewe. Was my hart skoon deur u genade en vergifnis.


Ek draai terug na U toe. Herstel my verhouding met U en vul my hart met die vreugde van u verlossing.


Dankie vir u liefde!


Dankie vir die Kruis!


In die Naam van Jesus.


Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Every Nation Faith City - Stemme

Stemme is oral om ons, en elkeen soek ons aandag. Daagliks word ons gekonfronteer met baie verskillende stemme, asook die keuse, na wat se stem luister ek vandag? In hierdie tyd van toewyding gaan ons kyk hoe om die stem...

More

Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid