Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 3 VAN 29

Adam en Eva en die Skande van Sonde

Lees: Genesis 3:1-7, 11; Johannes 10:10

SOAP

Genesis 3:11

Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?”

Johannes 10:10

'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 

Oordenking

Wonder jy ooit hoe lank Adam en Eva in die tuin gewoon het voor die sondeval? Was dit 'n paar weke, 'n paar maande of baie jare? Baie van ons dink dat ons beter sou gedoen het. Hoe moeilik is dit om van een boom af weg te bly? Maar verleiding is 'n sterk trekkrag op die hart wat ons laat glo dat ons beter as God weet. 

Die skande van sonde het in 'n oogblik in die wêreld gekom. As gevolg van sonde het alles skeefgedraai. Die manier hoe ons met God en ander omgaan, die manier hoe ons onsself sien, hoe ons die wêreld sien, ons werksetiek, die keuse van ons woorde, dít wat in ons gedagtes omgaan - dit alles is deur sonde aangetas. 

Met sonde kom skande. Skande veroorsaak dat ons sleg voel oor onsself. Dit veroorsaak dat ons ons foute wil wegsteek, wat dikwels daartoe lei dat ons net meer sonde doen. Die slegste deel is dat die skande van sonde ons dikwels van God af weghou. Ons bid nie meer so baie nie, ons lees nie sy Woord soos ons moet nie, ons bely nie ons sondes nie en miskien kom ons selfs nie meer saam met ander gelowiges bymekaar nie. Skande is kragtig. Daar is dae wanneer dit kan voel asof ons nooit van die kloue van skande kan wegkom nie. Wanneer jy die verdrukkende gewig van skande ervaar, onthou dat God sterker is. Hy het deur Jesus 'n weg voorberei om terug te draai en Hy is gereed om jou tuis te verwelkom. 

Gebed

Here, ek verstaan nie volkome hoe erg sonde is nie. Ek worstel met die aantrekkingskrag van my sondes en ek het skaamte daaroor. Help my Here! Wys my U weë is beter, U liefde is onvoorwaardelik en U krag kan die donkerste deel van my hart verander. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid