Leesplan inligting

Every Nation Faith City - InperkingsbrieweVoorbeeld

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe

DAG 1 VAN 5

Dag 1 - Inperkingsbriewe  


Inperkingsbriewe is ʼn verklaring van die hoop wat ons in Christus het, te midde van die chaos en onsekerheid wat om ons aangaan. Hierdie dagstukke is geïnspireer deur die briewe wat Paulus vir die kerke geskryf het en dit fokus op die spesifieke oomblikke van Christus se superioriteit en standvastige hoop. Mag ons altyd sensitief bly, en Jesus toelaat om ons te wys hoe ons, in omstandighede wat gedurig verander, behoort te reageer. Hoe om ʼn oomblik van krisis in ʼn oomblik van geleentheid te verander en die gelowiges om jou te bemoedig.


Romeine 1:16


"Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood."


Paulus het nie net briewe geskryf om die kerk te bou en te bemoedig nie, maar hy het ook die wagte met die Woord van God bedien, wat op hulle beurt weer die goeie nuus van Christus na hulle families toe gevat het. Die goeie nuus het nog steeds versprei, ten spyte van Paulus se “inperkingservaring". Dit is ʼn getuienis van hoe God sekere oomblikke kan gebruik om sy Naam bekend te maak.


Pandemies gaan nie vir ewig met ons wees nie; die inperking gaan nie vir ewig hou nie, maar ons verhouding met God sal. Paulus bemoedig ons almal om die goeie nuus van Christus te deel, want dit bring redding en dit versadig ons siel.


Die inperking het vir ons die perfekte geleentheid gebied om in ons verhouding met God te groei. Gebruik nou hierdie oomblik en lees deur die volgende gedeeltes waar Paulus hoop wil aanvuur en geloof wil versterk.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe

Daar is ʼn oomblik in ons almal se lewe waar ʼn aspek van ons lewe, emosioneel of geestelik, onder inperking is. Die Apostel Paulus het briewe geskryf om kerke te bemoedig wat hulself vind in moeilike tye, terwyl hy self ...

More

Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid