Leesplan inligting

Draai Weg van VerslawingVoorbeeld

A U-Turn From Addiction

DAG 1 VAN 3

Baie van God se kinders is geestelike krygsgevangenes. Hulle is vasgevang in 'n sondekringloop waaruit hulle nie kan losbreek nie. Of dit nou alkoholisme, materialisme, bitterheid, afguns, vraatsug, selfbejammering, pornografie, dwelms, speletjies, vuil taal, sosiale media, negatiewe selfspraak, woede of gegriefdheid is — verslawings aan emosionele of chemiese gewoontes beperk vandag hopeloos te veel mense. 



Die Bybelse term vir wat vandag bekendstaan as verslawing, is 'n vesting. 'n Verslawing, of meer korrek — 'n geestelike vesting, is diep gewortelde negatiewe denkpatrone en optredes wat in ons denke ingegraveer is. Ons glo en tree op asof ons omstandighede onveranderbaar is, selfs al is dit teen die wil van God. Sonde word 'n slawedrywer wat ons gedagtes, besluite en optrede regeer. 



Die eerste tree wat jy moet neem om van verslawing ontslae te raak, is om daarvan vry te wíl wees. Jesus het mense gevra of hulle gesond wíl word (Johannes 5:6). As iemand vasgeval wil bly, is daar niks wat enigeen kan doen om die persoon in die regte rigting te laat beweeg nie. Vryheid van verslawende gedrag moet van binne begin. As jy agterkom jy is vasgeval in 'n verslawing aan negatiewe denkpatrone, kan dit voel soos 'n slang wat hom styf om jou denke gekrul het. 



Dit is tyd om 'n nuwe rigting na vryheid te kies. Vryheid begin met die keuse om van jou huidige pad weg te draai en 'n nuwe rigting in te slaan. 



Is jy regtig gereed om jou verslawing vaarwel toe te roep en Jesus toe te laat om jou vry te maak?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A U-Turn From Addiction

Wanneer jou lewe nie meer in ooreenstemming met die Woord van God is nie, sal jy beslis pynlike gevolge ervaar. Baie het al geworstel met hulle gesondheid, werksverlies en verhoudinge — en weens hul verslawings ver van G...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid