Leesplan inligting

Getoets en Goedgekeur: 21 Lesse vir Lewe en BedieningVoorbeeld

Tested and Approved: 21 Lessons for Life and Ministry

DAG 1 VAN 5

Dag Een: Ons Sal Geken Word aan die Vrug Wat Ons Dra



"As julle sê 'n boom is goed, moet julle ook sê sy vrugte is goed; en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken" (Matteus 12:33).



Vandag lê ondernemings klem op hul handelsmerke se identiteit en sosiale media posisionering. Hulle skep sosiale media plasings om hulle produkte te bemark en om hulle identiteit te ondersteun. Beroemdes en politici spandeer baie geld en baie ure daaraan om hul aansien te verhoog en te beskerm en ook die handelsmerk wat hulle verteenwoordig. Weet hierdie openbare figure en maatskappye iets waaraan ons aandag in ons eie lewens moet gee? Die Bybel sê so. In Spreuke 22:1, het koning Salomo geskryf:



"'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud."



Hoeveel tyd bring jy deur om oor jou "naam" of jou reputasie te dink en ook oor die vrug wat jou lewe oplewer? Hoe besorgd is jy oor die karakter en integriteit wat jou lewe weerspieël en aan die kultuur en erfenis wat jy vir jou gesin skep?



In 1 Samuel 15, het die profeet Samuel vir koning Saul 'n taak gegee. Hy het vir Saul gesê om die Amalekiete aan te val en hulle geheel en al te vernietig asook alles wat hulle besit. Saul het die Amalekiete aangeval en hulle oorwin, maar hy het nie alles en almal daarna vernietig nie. In plaas daarvan het hy die Amalekiete se koning se lewe gespaar en van die lewende hawe en eiendom gehou. Saul het nie daaraan gedink dat sy dade erge gevolge gaan hê nie. Terwyl hy die oorwinning vier, het God dit berou dat Hy vir Saul koning gemaak het. Die Here het vir Samuel na Saul gestuur om hom voor stok te kry oor sy halfhartige, ongehoorsame optrede. Samuel het vir hom gesê dat die Here 'n ander koning in sy plek gekies het. Saul was onmiddellik spyt oor sy dade en wou die resultaat verander; hy het by Samuel gepleit om saam met hom voor die mense te verskyn. Saul wou Samuel se naam en reputasie gebruik om sy sondes te bedek in die hoop dat die mense hom in 'n positiewe lig sou sien. As Saul maar net God se begeerte vir gehoorsaamheid bo dié van 'n offer verstaan het en die gevolge van sy dade oorweeg het voordat dit te laat was, dan sou hy dalk die regte ding gedoen het en koning gebly het. Samuel se goeie naam sou nie vir Saul red nie, want Saul het sy eie reputasie skade aangedoen.



'n Goeie naam is meer werd as die grootste rykdom. Jou naam weerspieël die reputasie van jou karakter en die vrug van jou dade. Jou waardes vorm die fondament vir jou dade en gedrag. Indien jy verkies om op te tree op 'n wyse wat jy weet verkeerd is, dan sal jou slegte reputasie jou daarna volg. Indien jy verkies om God te gehoorsaam deur jou optrede, dan sal jou goeie reputasie jou ook volg.



Dink daaroor: Indien iemand 'n verklaring oor jou reputasie moet skryf, wat sou jy wou hê dit uiteindelik moet sê? Sal hulle dit wat jy wil hê op hierdie oomblik van jou kan sê? Hoekom of hoekom nie?



Heilige Gees, bring my by 'n punt van vryheid en vrugbaarheid in my lewe. Wys my hoe ek die soort reputasie kan kry wat my Vader verheerlik. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tested and Approved: 21 Lessons for Life and Ministry

Van tyd tot tyd het ons almal nodig om terug te gaan na die basiese van die Christelike geloof en om weg te doen met die voortdurende lawaai en daaglikse bombardeering van die moderne lewe. Hierdie vyf-dag leesplan uit T...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://gatewaypublishing.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid