Leesplan inligting

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige WeekVoorbeeld

The Final Lessons: A Holy Week Plan

DAG 1 VAN 10

Opoffering



Ons begin vandag, die dag voor Palmsondag, die Heilige Week se amptelike begin omdat ons nie die plek waar die Paasverhaal eintlik begin, kan mis nie. 'n Mens moet verby die skare, die donkievul en die palmblare kyk om die verhaal van Maria en haar opoffering raak te sien. Ons begin dus op Saterdag sodat ons gereed is vir Palmsondag.



Vandag begin ons op 'n baie nederiger plek as juigende skares. Ons begin by 'n plek waar ons so gemaklik voel soos aan 'n etenstafel saam met vriende.



Lees Johannes 12:1-8.



Onthou jy hierdie vriende van Jesus? Hier is die agtergrond as jy nie onthou nie: Lasarus se susters was nie baie tevrede dat Jesus so lank gewag het om te kom nadat Hy van Lasarus se siekte gehoor het, wat tot sy dood gelei het nie. Ons sien dat Jesus hartseer was. (Johannes 11:35 sê: "Jesus het gehuil.") Daarna het Hy 'n wonderwerk verrig — Hy het Lasarus uit die dood opgewek!



Hierdie vriende was bekend met die dood, sowel as die opstanding. Lasarus se susters het so pas hulle broer lewendig uit die graf sien kom (Johannes 11:44). Hulle het gesien hoe die onmoontlike moontlik word.



Tydens hierdie aandete het Maria iets besonders gedoen. In Johannes 12:3 lees ons: "Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog."



Die "duur olie" was nie soos jou gewone parfuum of reukwater nie. Elke kommentaar of Bybel studiegids wat ek gelees het, sê dat dit gelykstaande was aan 'n jaar se salaris.



Dink daaraan: wat is 'n hele jaar se salaris vir jou werd? Dink nou net hoe dit sou voel as jy nou dadelik vir Jesus 'n bankoordrag vir jou volle jaar se salaris moes maak.



Dit gaan my verstand te bowe. Ek sukkel om vir God my tiende te gee of 30 minute van my tyd in die oggend saam met Hom of om Sondagoggend saam met my gesin kerk toe te gaan. Dus, om 'n offer gelykstaande aan jou volle jaar se salaris te bring? Beslis nie. Dit kan ek nie doen nie.



Dit is egter waar die Paasverhaal begin — met 'n vrou, 'n vriendin van Jesus, wat iets van waarde gegee het (nardusolie) en haarself verneder het deur Jesus se voete met haar hare te was. Maria het verstaan waaroor dit gaan — Christus verdien ons alles, ons beste.



Hoekom gee ons so dikwels ons oorskiet vir Hom?



As dit vir jou fisiek moontlik is, sluit dan jou dag op jou knieë af. Maak jou hande vir Jesus oop en bely die dinge waaraan jy vasgeklou het. Vra om geloof om meer vrygewig en kwesbaar te wees. Smeek vir die moed om meer te gee as wat haalbaar is.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Final Lessons: A Holy Week Plan

Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat di...

More

Ons sê baie dankie vir Becky Kiser van Sacred Holidays wat die plan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.sacredholidays.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid