Leesplan inligting

Nuwe Jaar, Dieselfde GodVoorbeeld

New Year, Same God

DAG 1 VAN 4

Maak jou tasse leeg.


Latyns-Amerikaanse moeders koop gewoonlik aandenkings wanneer hulle op 'n reis gaan om as geskenke aan al hul familielede te gee. Die interesantste feit is dat hulle hul tasse, ongeag hoeveel ruimte beskikbaar is, gebruik om dit in te vervoer! Dit is ook dikwels 'n gebruik deur Suid-Afrikaners.


Was jy al ooit daardie reisiger?


Alhoewel hierdie gebruik vir sommige 'n bietjie vreemd mag voorkom, is die werklikheid dat dit soms regtig ongemaklik kan wees. Daar is soveel goed vir ander wat in die tas moet pas, dat jy uiteindelik nie veel plek het vir wat jy regtig nodig het nie.


Dieselfde gebeur met ons lewenstasse. Ons sleep bagasie gevul met vorige ervarings saam. Ons dra baie bagasie wat die tas swaar maak, en nog erger, wat die plek vul van dit wat ons regtig op ons pad nodig het.


Wat moet ons verwyder om plek te maak? Dit kan 'n vorige situasie wees wat ons verhinder het om weer te probeer. Miskien is dit twyfel wat ons verhoed om vorentoe te beweeg, of ander se kwetsende woorde wat ons in ons harte bewaar.


Dit is belangrik om te weet dat ons nie verplig is om hierdie goed saam te dra nie, aangesien dit nie aan ons behoort nie. Dit behoort tot die verlede. Kom ons laat dit vaar.


Ons moet plek maak vir al die goeie gawes wat God hierdie jaar vir ons wil gee! Daardie nuwe ervarings en lewenslesse, daardie nuwe mense, daardie nuwe prestasies ...


Om 'n geseënde jaar te hê, is dit nodig om plek te maak vir seëninge. Ek weet dit is moeilik om vir die beste te hoop as ons terugkyk en al die slegte dinge wat gebeur het onthou, maar weet dat God alles ten goede sal laat meewerk. Vandag is 'n nuwe geleentheid om anders te lewe, om in geloof eerder as in vrees te leef, om te aanvaar en die onnodige bagasie agter te laat sodat ons kan voortbeweeg.


Kom ons dra eerder 'n tas vol hoop, liefde, vreugde, vrede, geduld en drome. Kom ons laat dit wat net 'n las was agter, en kyk hoe God ons help om gevul te word met wat werklik die moeite werd is. Ek het reeds my tas vir hierdie reis gepak, waarvoor wag jy?


Aktiwiteit: Dink aan drie dinge wat jy al lankal saamdra en wat jou oorheers. Gee dit vir God en vra Hom om jou te help dat hierdie laste nie langer deel van jou sal bly nie.


Leslie Ramírez


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

New Year, Same God

'n Nuwe jaar het aangebreek en daarmee saam nuwe doelwitte en voornemings wat ons wil bereik. Alles in die wêreld het verander; ons het egter dieselfde almagtige God wat in staat is om vir ons 'n geseënde jaar te gee. Sl...

More

Ons wil graag vir Leslie Ramírez Lázaro bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://aboutleslierl.web.app/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid