Leesplan inligting

In stilwees en vertroueVoorbeeld

In stilwees en vertroue

DAG 1 VAN 10

Vertrou met jou hele hart 


Wat beteken dit om die Here met jou hele hart te vertrou? Dink jy daar is ’n verband tussen om die Here te vertrou en Hom lief te hê met jou hele hart? “En Jesus antwoord hom: J'y moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand'” (Matteus 22:37). ’n Mens kan seker nie iemand vertrou as jy hom nie liefhet nie en jy kan iemand nie liefhê as jy hom nie vertrou nie. Gevolglik kan jy iemand nie liefhê en vertrou as jy hom nie ken nie. Kennis is die sleutel wat die deur na geloof en liefde ontsluit. Voordat ek jou dus vra of jy God met jou hele hart vertrou, wil ek jou vra of jy Hom ken; en ek praat nie van oppervlakkig ken nie. 


Baie mense weet van God. Hulle glo selfs in ’n “hoër wese”. Hulle glo daar is “iemand daar bo”. Jy kan God nie ken as jy nie sy Seun, Jesus Christus, ken nie. Jesus sê in Johannes 14:7: “As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.” In Johannes 14:6 sê Jesus: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” As kennis die sleutel is wat die deur na geloof en liefde ontsluit, dan is Jesus die deur waardeur jy moet gaan om die Vader te leer ken. Jesus het gesê as jy Hom ken, dan ken jy die Vader. 


Waar staan jy wat Jesus betref? Is Hy jou Here en Verlosser – kan jy God jou Vader noem omdat jy sy Seun, Jesus Christus, ken? Hierdie is die beginpunt van ons ontdekkingsreis om uit te vind wat dit beteken om God met jou hele hart te vertrou. Ons sleutelvers sê: “Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie” (vers 5). Waar staan jy vandag? 


My Vader, ek dank U dat ek u kind is en dat ek U ken omdat ek Jesus Christus, u Seun, ken. Ek bid dat U my deur u Heilige Gees sal leer wat dit beteken om U met my hele hart te vertrou. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

In stilwees en vertroue

God sal jou nie in die steek laat nie. Wees gehoorsaam aan Hom en vertrou op Hom bo enigiemand en enigiets anders in jou lewe. Dít is Angus Buchan se boodskap wanneer hy jou deur persoonlike ervarings en Bybelse waarhede...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid