Leesplan inligting

Deel Jou GeloofVoorbeeld

Sharing Your Faith

DAG 1 VAN 5

Hoekom moet ek my geloof deel?



Wanneer ons Jesus as ons Verlosser en Saligmaker aanneem, beteken dit dat ons ja sê vir sy pad en sy planne vir ons lewens. 'n Deel daarvan is om die lewensveranderende krag van Jesus met almal om ons te deel. Dit word evangelisasie genoem. 



Evangelisasie word gedefinieer as geesdriftige ondersteuning vir 'n saak. In die Christendom word hierdie "geesdriftige ondersteuning" versprei wanneer ons die goeie nuus van Jesus Christus deel — hoe Hy aarde toe gekom het om ons te red deur vir ons sondes te sterf, en toe uit die dood opgewek is sodat ons die ewigheid saam met Hom kan deurbring. Dit is die goeie nuus van Jesus.



Hoekom is dit belangrik vir ons as volgelinge van Jesus? Eerstens is dit wat Jesus gesê het ons moet doen in sy laaste woorde aan sy dissipels, aan die einde van Matteus 28. Hy het vir hulle gesê: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels … " Hulle het, en ons moet ook! Tweedens, elke keer wat ons goeie nuus het wat vir iemand se lewe voordele inhou, deel ons dit, nie waar nie? Om Jesus te ken is nie net goeie nuus nie, dit is die beste nuus! Ons het die geneesmiddel vir die mensdom, kom ons begin dus om die liefde van God met die mense in ons lewens te deel.



Voordat ons die goeie nuus, of evangelie van Jesus deel, is dit belangrik dat ons dit ken. Hier is die waarheid oor wat God vir ons gedoen het:



God het ons gemaak om in 'n verhouding met Hom te wees (Genesis 1:26). Ons het sonde gedoen en as gevolg daarvan verdien ons straf (Romeine 3:23; Romeine 6:23). Gelukkig het God vir ons 'n manier gegee om Hom te ken deur sy enigste Seun te stuur, om die wêreld te red deur aan 'n kruis te sterf en uit die dood opgewek te word (Johannes 3:16; Romeine 5:8-9). Wanneer ons in Jesus glo, en Hom as ons Verlosser aanneem, verkry ons die ewige lewe (Romeine 10:9-10). 


Dit klink amper te goed om waar te wees, is dit nie? Ons het foute gemaak, maar toe het 'n liefdevolle, volmaakte hemelse Vader sy enigste Seun gestuur om ons van onsself te red. Dit is diepgaande, maar baie eenvoudig. Dit is ook uiters goeie nuus!



Oor die volgende vier dae van hierdie leesplan, sal ons kyk na verskillende maniere hoe ons ons geloof in Jesus met ander kan deel. Een van die eenvoudigste maniere om jou geloof te deel, is deur gesprekke met ander. Miskien noem jy iets oor die kerk, vra wat iemand oor God glo, of stel voor om 'n boek saam met iemand te lees en dit te bespreek. 



Voordat jy die volgende dae lees, bring tyd in gebed deur en vra God om drie tot vyf mense wat Hom nodig het, op jou hart te lê. Begin dan bid dat God hulle harte sag sal maak sodat jy hulle lewens kan beïnvloed.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Sharing Your Faith

Wanneer ons volgelinge van Jesus word, begin ons 'n lewenslange reis van groei. 'n Deel van groei in ons geloof is om te leer hoe om die goeie nuus van Jesus met ander mense te deel. In hierdie 5-dag leesplan sal ons lee...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid