Leesplan inligting

Honger na GodVoorbeeld

Hungry for God

DAG 1 VAN 3

Ons behoefte aan geestelike voeding



Ons siele het geestelike voeding nodig om te floreer, net soos ons liggame kos nodig het om te oorleef. Daar is slegs een kragbron wat ons volledig kan voed, bevredig, bemagtig en volhoubaar is: 'n verhouding met die lewende God. 



'n Insiggewende eienskap van liggaamlike honger, is dat dit gereeld voorkom. Ons liggame het op 'n gereelde, deurlopende basis voeding en energie nodig. Net omdat jy gister honger was en 'n heerlike, vullende maaltyd geëet het, beteken nie dat jy nooit weer honger gaan word nie. Jou liggaam verteer die voedsel wat jy eet, verwerk dit tot brandstof vir jou liggaam, verwyder wat dit nie benodig nie en begin die siklus weer van voor af. 



Die herhalende siklus van honger en versadiging lyk inderdaad doelbewus. Toe God vir sy volk manna op hul reis na die beloofde land voorsien het, het Hy hulle net genoeg vir elke dag gegee. Toe Jesus sy volgelinge leer bid het, het Hy hulle onderrig om ons Vader te vra: "Gee ons vandag ons daaglikse brood" (Matteus 6:11). Jesus self het so 'n maaltyd voorsien toe Hy 'n seun se middagete van brode en vissies geseën en vermeerder het om meer as vyfduisend mense te voed wat na sy lering kom luister het (Matteus 14:13–21). 



Ons jag nie en versamel nie meer elke dag ons kos nie. Ons werk voorsien ons van meer as net ons daaglikse brood. In ontwikkelde lande in ons moderne wêreld, het baie van ons vol kombuiskaste, spense, yskaste en vrieskaste, gevul met kos wat bewaar word om hul varsheid te verleng. Sommige items, soos gedroogde bone, neute, grane en rys, asook geblikte kosse, word beskou as "nie-bederfbaar", omdat dit vir maande en jare gehou kan word. 



Gedurende die COVID-19 pandemie, het baie mense hul voorrade aangevul omdat hulle bang was dat winkels en voedselproduseerders nie genoeg sou hê nie. Nie-bederfbare voedsel was in groot aanvraag, aangesien niemand geweet het of die voorsiening hiervan onderbreek sou word nie. Ons moes gebruik wat ons gehad het, aangesien ons nie gou na die winkel toe kon gaan vir die nodige bestanddele of by ons gunsteling restaurante kon gaan eet nie. Net nog 'n luuksheid wat ons as vanselfsprekend aanvaar het. 



Wanneer ons oor ons geestelike honger nadink, herken ons dat ons siele ook op 'n gereelde basis voeding nodig het. Dit maak nie saak hoe gereeld ons bid, hoeveel Bybelgedeeltes ons bestudeer en memoriseer, hoe gereeld ons kerkbyeenkomste bywoon of mense in nood bedien nie, daar is altyd ruimte om nader aan God te groei. Ons kan heeldag en aldag wy aan lofprysing en aanbidding tot die Here, maar dit sal nie genoeg wees om ons behoefte aan God se teenwoordigheid in ons lewens te stil nie. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hungry for God

Hierdie 3-dag leesplan, geskryf deur ds. Samuel Rodriguez, fokus op ons geestelike honger en die bewuswording dat ons siele op 'n gereelde basis voeding nodig het. Dit maak nie saak hoe dikwels ons bid, hoeveel Bybelvers...

More

Baie dankie aan Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://samuelrodriguezbooks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid