Leesplan inligting

Om die Sabbat te VerstaanVoorbeeld

Understanding the Sabbath

DAG 1 VAN 4

Wat Die Sabbat Is



In Genesis 2:2-3 word die konsep van die sabbat vir die eerste keer aangehaal. God, die Skepper, het pas al die skeppingswerk waarmee Hy besig was voltooi, en het Hy gerus. In die oorspronklike Hebreeuse taal is "shabbat" die woord vir "rus" en dit beteken om op te hou werk. Dit is presies wat God gedoen het. Nie omdat God moeg of uitgeput was nie, want om die wêreld te skep het nie sy tol van God geëis nie. Hy het eenvoudig gerus omdat die werk wat Hy die vorige ses dae gedoen het, voltooi was. So het die konsep van die sabbat ontstaan.



Kom ons beweeg vinnig vorentoe na Ekodus 20. In hierdie hoofstuk is die tien gebooie vir die Joodse volk aan Moses gegee. Uit die lys van tien, is die vierde een die meeste omskryf. Dit lui:



"Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig" (Eksodus 20:8-11).



Om die sabbat te eer, beteken om dit "heilig te hou," en heilig beteken eenvoudig afsonder. Dus moet ons sabbatdag anders lyk as die ander ses dae van die week. Wanneer ons strewe om die sabbatdag heilig te hou, is dit uiteindelik tot ons voordeel. 



Rus lyk vir almal anders. Dalk is jy nie 'n mens wat wil leeglê op jou afdag nie, maar verkies om aktief te wees of om tyd saam met vriende deur te bring. Of dalk het jy nie soveel liggaamlike rus nodig nie, maar geestelik en emosioneel sal 'n ruskans jou goed doen. Maak dan 'n keuse om jou te ontkoppel van alles wat veroorsaak het dat jy in verbinding bly met dit wat jou vir ses dae gedreineer het. Wat ook al om te rus vir jou beteken, is hoe jy jou tyd op jou sabbatdag gaan deurbring. 



Wy tyd daaraan om te dink wat dit is wat jou sal herlaai nadat jy ses dae lank gewerk het. Moenie bekommerd wees as jy dit nie elke keer "regkry" nie. God is nie kwaad vir jou omdat jy nie die sabbatdag heilig gehou het nie. Dit is nie vir Hom nie, dit is vir jou! Hou egter net aan om te oefen om jou sabbatdag heilig te hou. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Understanding the Sabbath

Die meeste van ons is oorwerk en heeltemal uitgeput, dus is die begrip van sabbat belangriker as ooit. Om die sabbat te eer, beteken om dit "heilig te hou", en heilig beteken eenvoudig om dit "af te sonder". Ons sabbat b...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid