Leesplan inligting

Verwag GodVoorbeeld

Expect God

DAG 1 VAN 7

 



"Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys." Psalm 34:4 (AFR83)



Die grootheid van die Here, verwys na sy omvangrykheid, heerlikheid en verhewenheid. Wanneer ek daaraan dink om die Here te vergroot, herinner dit my aan 'n vergrootglas.  Ons gebruik dit om iets beter te kan sien, in fyner besonderhede. Die vergrootglas verander nie die werklike grootte van 'n beeld nie, maar wys dit duideliker vir ons. Die "ding" waarna jy kyk, verander dus nie van grootte nie.



Wat wel verander, is hoe jy dit sien.



Dawid sê in Psalm 69:30 (DB): "Dan sal ek God loof! Sy Naam sal ek grootmaak in my liedere! Ek sal vir Hom dankie sê." Om iets "groot te maak" kan twee betekenisse hê. Dit kan beteken om iets groter te maak as wat dit is, of om iets wat klein of onbeduidend lyk, so groot en verhewe te laat lyk as wat dit is.



Dit is byvoorbeeld waarmee 'n teleskoop ons help wanneer ons na die luisterryke heelal kyk. 'n Teleskoop is 'n optiese instrument wat verafgeleë voorwerpe vergroot sodat dit dus nader lyk. Wanneer jy van die aarde af na die maan kyk, lyk dit soos 'n sirkel in die lug. Wanneer jy egter daarna deur 'n teleskoop kyk, sien jy al die besonderhede en ook hoe groot dit werklik is. Die maan se grootte het nie verander nie, maar wel die manier hoe ons daarna kyk.



Wanneer Dawid dus sê: "Dan sal ek God loof! Sy Naam sal ek grootmaak in my liedere! Ek sal vir Hom dankie sê," bedoel hy nie: "Ek wil 'n klein God laat groter lyk as wat Hy is nie." Hy bedoel: "Ek wil 'n groot God so groot laat lyk as wat Hy werklik is." Daar is niks en niemand beter as, of verhewe bo God nie. Diegene wat vir God liefhet, is dus geroepe om sy grootheid so groot te laat lyk as wat dit werklik is.



Jy word omring deur dit wat jy vergroot. Wat vergroot jy vandag? Maak God vandag groot, ongeag of jy vreugde of hartseer ervaar. In plaas daarvan om deur die lewe en sy moeilikhede oorweldig te voel, laat God liewer toe om jou met sy teenwoordigheid en perspektief te oorweldig. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Expect God

Die lewe is vol onverwagte reise, beide goed en sleg. Al is dit in die goeie tye maklik om God te sien, kan dit uitdagend wees om te midde van tragedie en onmoontlike omstandighede aan hoop vas te hou. Word bemagtig om t...

More

Ons wil graag vir "Rachel Shafer Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by http://www.rachelshafer.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid