Leesplan inligting

Geld en Belegging saam met die Kwak BroersVoorbeeld

Money and Investing with the Kwak Brothers

DAG 4 VAN 7

Skuldbestuur

 



Spreuke 22:7 word dikwels gebruik om alle skuld as sleg af te maak. Dit sê: "Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen." Oor die algemeen beveel die Bybel aan dat 'n mens nie in skuld beland nie. Laat ons dit duidelik stel. Dit is nie sonde om skuld te hê nie. Van die uitgangspunt "wees lief vir jou naaste", glo ek vas ons moet ons skuld terugbetaal, aangesien dit 'n oefening van verantwoordelikheid en eerbaarheid is.



Daar is baie interpretasies van Spreuke 22:7 wat kan lei tot 'n absolute weerstand teen skuld. Ek glo dit gaan terug na wysheid en insig oor hoe ons skuld in die eerste plek gebruik.



Laat my asseblief toe om vir jou my perspektief te gee. Die Bybelse konteks van slawerny verskil baie van wat ons moontlik vandag verstaan. Ek is nie 'n Bybelkenner nie, maar in die Bybelse tyd het mense dikwels geldelike hulpmiddels van mekaar geleen. As die skuld nie terugbetaal kon word nie, het die leners hulself as 'n "slaaf" aangebied om die skuld af te werk. Wanneer hulle die werk voltooi het, is die skuld as opbetaald gesien. Was daar ander vorme van slawerny wat wreed en geweldadig kon wees? Ek het geen twyfel daaroor nie. Dit is belangrik om die basis te verstaan van dit waarna baie Bybelkenners dikwels verwys.



Ek glo skuld is heeltemal aanvaarbaar as dit met wysheid gebruik word en met die doel om 'n wins te maak. As jy byvoorbeeld R200 000 leen om te gebruik vir 'n winsgewende besigheid of belegging, is dit 'n aanvaarbare manier om skuld te gebruik. Aan die ander kant glo ek dit is sinneloos om R200 000 te leen om 'n nuwe boot te koop wat geen finansiële opbrengs of 'n vrugbare gebruik van die geld meebring nie. 



Die Bybel waarsku teen die gevare van skuld, want mense raak dikwels meegevoer deur gulsigheid en 'n inhalige hart. Met deeglike beplanning, wyse raad, oorweging en gebed, kan skuld 'n hulpmiddel wees om jou te help om jou rykdom en inkomste te laat groei.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Money and Investing with the Kwak Brothers

Het jy geweet dat Jesus 11 keer oor geld gepraat het in die 40 gelykenisse in die Nuwe Testament? Dit is amper 27.5% van die opgetekende onderwysinge van Jesus. Dit sê vir ons hoe belangrik ons ingesteldheid en houding t...

More

Baie dankie aan The Kwak Brothers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://thekwakbrothers.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid