Leesplan inligting

Geloof, Hoop & LiefdeVoorbeeld

Faith, Hope, & Love

DAG 3 VAN 4

Wat is Hoop? 



Soos ons op Dag 1 gesien het, is hoop die verwagting dat iets sal gebeur of waar word



Sy het opgehou hoop.

Die span het gehoop hulle wen.

Ons hoop dat die partytjie nie sal uitreën nie.



Dit is moeilik vir ons om sonder hoop te oorleef. Daarom sal ons dikwels ons hoop in voorwerpe, ervarings en mense plaas, wat alles tot teleurstelling lei wanneer hulle nie ons — soms onrealistiese doelwitte — kan behaal nie. Ons hoop moet eerder in God geplaas word. Kom ons kyk wat die Woord van God ons oor hoop leer. 



Die apostel Paulus het geskryf: "... dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort" (Romeine 5:5). Hy skryf ook: "... Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie" (Romeine 8:24). Die beste deel wat ons van hoop leer, is dat God die bron van ons hoop is en ons "met alle vreugde en vrede vervul" sodat ons hoop "al hoe sterker kan word" (Romeine 15:13). 



Hoop is 'n afwagting en verwagting dat God werk, al sien ons dit nie. Dis geestelike optimisme wat ons geloof bou. Geloof en hoop gaan dus hand-aan-hand. Terwyl geloof die vertroue is dat God is wie Hy sê Hy is en dat ons Hom kan vertrou, is hoop die verwagting dat Hy daar is. Ons hoop in God dryf dus ons geloof. 



Hoe lewe ons dit uit?

Om ons lewe met hoop te leef kom daarop neer dat ons weet hoe om ons gedagtes te hanteer. Soms kan dinge wat min tot geen ewige waarde het, ons oorweldig en verslaan laat voel. Wanneer ons planne misluk en ons teleurgestel word, kan ons steeds hoop te midde van aardse teleurstellings. Ons kies om vas te hou aan die hoop dat God vir ons 'n ewige tuiste in die hemel voorberei het waaraan daar nooit 'n einde sal kom nie.  



Wat doen ek wanneer my hoop min is?

Indien dit voel of jy min hoop het, is dit moontlik dat jy jou hoop net in die situasie geplaas het. Hoop op die tydelike of op mense lei gewoonlik tot wanhoop. Neem dus 'n oomblik en ontleed waarin jy jou hoop plaas. Indien jy jou hoop op enigiets in hierdie wêreld geplaas het, moet jy dit na God verskuif. Ons hoop is veilig wanneer dit in Jesus gevestig is en die verwagting het om die ewige lewe saam Hom deur te bring. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Faith, Hope, & Love

Die Apostel Paulus het geskryf van alle dinge, bly geloof, hoop en liefde bestaan. Wat presies beteken dit vir ons as volgelinge van Jesus en hoe kan ons dit uitleef? In hierdie 4-dag leesplan gaan ons meer leer oor hier...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid