Leesplan inligting

Gebede wat God altyd verhoorVoorbeeld

Gebede wat God altyd verhoor

DAG 2 VAN 7

Kinderlik opreg


“Gebed het krag.” Baie boeke en gesprekke oor gebed berus op hierdie uitgangspunt. Tog is krag nie die groot punt van gebed nie. As gebed bloot net krag sou hê, dan verskuif ons fokus vanaf God na gebed as ’n doel opsigself. In dieselfde asem verskuif die fokus dan na onsself wat hierdie krag moet ontsluit. Dan handel die “krag” van gebed eintlik net oor die effek wat gebed hier aan ons kant van die draad moet hê en nie heel eerste oor God nie. “Kragtige gebede” kan gou-gou ’n selfsugtige roete word, want resultate is dan al wat saak maak. 


Wanneer ons opreg met God praat, wonder ons nooit of ons kragtig gebid het nie. Ons is immers nie verbruikers van God se krag, soos wat ons verbruikers van Eskom se krag is nie. Gebed wat reg gebeur, gaan oor God. Terloops, dit klink na iets makliks om te skryf of te sê, maar om dit te beoefen, is iets totaal anders. Want eintlik gaan baie gebede nie so baie oor God nie, maar oor onsself. Te veel van ons gebede is behoefte-gedrewe. Dit moet dadelik einde kry. Gebed is om gestroop van onsself voor God neer te val. Dit is om al ons hoop op die Here te plaas. Gebed is tegelyk leeg en vol – leeg van onsself en vol van God se grootheid en eer. Dan bid ons reg. 


Ons leegheid van onsself is die geheim tot die ervaring van God se nabyheid. Sy teenwoordigheid is waaroor dit gaan. Gebed is om gestroop van onsself te wees en om alles van Christus te verwag. God wat die hoorder van gebed is, is die enigste Een wat krag het. Gebed is ’n gelowige en aanbiddende gesprek met Hom. Ons paar woordjies kan nie te veel in sy teenwoordigheid regkry nie. Maar gebedswoorde wat hand aan hand loop met harte wat Godwaarts gerig is, is iets totaal anders. Woorde wat gelowig resoneer met God, het die potensiaal om hemel en aarde te vul met lof, vreugde, dankbaarheid en genade. En om uitkoms te bring in tye van nood en groot rampe. God luister na elke gebed wat diep afhanklik en kinderlik opreg na Hom toe kom. Hy hoor alle gebede wat gelowig volgens sy wil gebid word. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Gebede wat God altyd verhoor

Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan d...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid