Leesplan inligting

Hoe om in God se wil te leefVoorbeeld

How To Be In God's Will

DAG 1 VAN 3

NET TWEE MANIERE



Ons is soms bang om in 'n rigting vorentoe te beweeg, omdat ons bang is dat ons buite die wil van God gaan optree. As jy jouself beywer vir die koninkryk van God is daar in werklikheid net twee maniere hoe jy buite die wil van God sal optree. Die een manier is as Hy vir jou sê om iets te doen — en jy vir seker weet wat Hy vir jou gesê het — en jy doen dit nie, dan tree jy buite sy wil op.



Wat beteken dit? Stel jouself voor dat God vir jou sê om teologie te gaan studeer (of enige ander vakgebied). Hy het dit baie duidelik gemaak, nie net een keer nie, maar menigmaal. Tog gaan jy nie. Miskien het jy alreeds 'n werk of 'n huis of 'n gesin of honderde ander redes hoekom dit nie sin maak om jou lewe omver te werp en teologie te gaan studeer nie. Elke keer wanneer die gedagte by jou opkom, onderdruk jy dit met: "Nee, ek kan nie dit doen nie, ek gaan nie dit doen nie.” 



Dit is tot jou beswil wanneer God jou lei om iets te doen. Indien jy Hom teenstaan tree jy buite sy wil op. Ek was vir baie jare 'n instrukteur by 'n bybelskool en dit het my elke keer verbaas wanneer studente na my kantoor toe kom en goed sê soos: "Ek gee nie om wat God sê nie, ek gaan nie na my kerk by die huis terugkeer nadat ek my graad voltooi het nie!" Ek het hulle altyd geantwoord met: “Werklik? As God jou daarheen teruglei is dit nie dan tot jou voordeel nie? Weet jy meer as wat Hy weet? Beplan jy om ongehoorsaam te wees?” Natuurlik het hulle nie daarvan gehou as ek dit so stel nie, maar tog is dit wat hulle eintlik gesê het.



Dit is die een manier om buite God se wil op te tree. Om te weet wat Hy wil hê en dit net eenvoudig nie te doen nie.



Die ander manier is wanneer Hy vir jou sê om nie iets te doen nie – en jy weet Hy het gesê moenie – maar jy wil, of jy slaan nie ag op sy waarskuwing nie en jy doen dit eenvoudig net. Dan tree jy ook buite God se wil op. Albei hierdie maniere is van jou keuses afhanklik. Indien jy kies om na God te luister en Hom te volg waar Hy jou lei, sal jy nie buite sy wil gaan nie. Al maak jy 'n fout is Hy magtig genoeg om jou weer op koers te kry, omdat jy na Hom luister.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Be In God's Will

Dit is nie 'n geheim hoe om volgens die wil van God te lewe nie. Soms is ons tog so bang dat ons iets buite sy wil gaan doen dat die vrees ons verlam en ons tot stilstand kom. Neem kennis: God wil jou volgens sy volmaakt...

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid