Leesplan inligting

Liefde en VerliesVoorbeeld

Love and Loss

DAG 1 VAN 6

Die Reis van Droefheid


"Nee! Nee! Nee!" My stem weergalm vanaf die steriele wit mure in die hospitaal se portaal terwyl my liggaam lam raak. Dit kan nie gebeur nie ... nie weer nie. 



Ons het onsself in 'n plek van verlies bevind en is deur droefheid getref soos deur 'n weerligstraal. Skielik. Hewig. Verlammend.



Waar was jy toe droefheid jou getref het?


Nadat ons deur herhaalde miskrame gekonfronteer is, is ons geslinger van emosie tot emosie, soms sterk, maar meestal tam en verswak deur die smart van trane, onsekerheid en leegheid.



Waarvoor het jy gedurende jou reis te staan gekom? 'n Versie waarmee ons ons kon vereenselwig was: "... as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas. Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;  daar is geen einde aan sy ontferming nie" (Klaagliedere 3:20-22).



Jou reis van droefheid is uniek aan jou en ons bid dat jy jouself sal aanvaar terwyl jy rou. Ons kyk na die Woord van God om insig oor droefheid te kry. Ons sien in die Skrif dat God oor die ongehoorsaamheid van sy volk gerou het (Rigters 10:16), Hanna het smart beleef omdat sy nie 'n kind kon hê nie (1 Samuel 1:16), en Rebekka en Isak was diep bekommerd toe hulle seun met 'n vrou van 'n ander stam getrou het (Genesis 26:35) (Elwell & Beitzel, 1988). Jesus was baie aangedaan met die dood van Lasarus, al het Hy geweet Hy sou hom weer lewendig maak (Johannes 11:33-35). As ons Here bedroef is, is dit in orde vir ons om ook bedroef te wees. 



Terwyl jy oor jou reis van droefheid nadink, ondersoek die Skrif. Met watter ervaringe van droefheid kan jy jou vereenselwig? Wat kan jy leer uit die sterkpunte (en swakhede) van hulle wat jou voorafgegaan het?



Kom ons bid.



Vader, 


Ek het u vertroosting en krag nodig. Ek ervaar pyn, maar ek leun op U en aanbid U. Dankie dat U die bladsye van die Skrif gevul het met verhale wat my kan leer hoe om 'n lewe te lei wat U behaag, veral wanneer ek voor moeilike tydperke te staan kom. Maak my oë oop sodat ek van U kan leer.


Amen.


 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love and Loss

Het jy iemand wat jy liefhet deur die dood, 'n egskeiding of ander tragedie verloor? In Liefde en Verlies, lei Chuck en Ashley Elliott lesers om oor hul reis na te dink, om ongesiene eienskappe van droefheid te identifis...

More

Ons wil graag vir Elliott Life Coaching bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.elliottlifecoaching.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid