Leesplan inligting

Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 1 VAN 25

Vreugde Op Aarde (Joy to the world)



Vreugde op aarde, die Here het gekom!

Laat die aarde haar koning ontvang.



Isaac Watts het "Joy to the world" in 1719 geskryf. Sedertdien weerklink daardie woorde tydens Kersfees soos 'n reddingsboei wat na die mensdom gegooi word. Ons vind elkeen iets wat vir jou die moeite werd is om oor na te dink. Die boodskap van hoop in die lied vind inslag by 'n moeë wêreld wat na iets goed uitsien!



God het vrede aarde toe gestuur en omdat Hy die wêreld so liefgehad het, het Hy sy Seun gestuur om sy verhaal bekend te maak, sodat die mensdom mettertyd sy karakter en goeie bedoelings kon herken. Die invloed van Christus se geboorte kan nooit minderwaardig geag word nie, al probeer die vyand om dit te keer. Johannes 21:25 sê dat die hele wêreld nie genoeg plek sal hê vir die boeke wat sou beskryf watter dinge die Here alles gedoen het nie. Sedertdien was daar nog baie ander getuienisse van sy herskeppende liefde en daar sal in die toekoms nog baie wees.



Dis in Nehemia 8 aangeteken dat Nehemia, die leiers en die volk, die huttefees met vreugde gevier het nadat die Woord van God aan hulle voorgelees is. Ons kan ook hierdie Kersfeestyd juig! Ons is verheug as ons nadink oor die Redder se geboorte, sy doel en sy erfenis.



VRAAG:



Waaroor gaan jy hierdie Kersfees juig?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid