Leesplan inligting

Gemeenskapsversoening En Die KerkVoorbeeld

Community Restoration And The Church

DAG 1 VAN 4

Kanaal  



Dis nie nodig dat ons nuwe instansies skep om lewensvatbare en blywende oplossings vir gemeenskapsversoening te implementeer nie. Ons moet net dit gebruik wat ons alreeds het. Die plaaslike kerk is die beste kanaal waar ons die nodige elemente vind om sosiale versoening te bereik. Aangesien baie van ons gemeenskapskwessies eties en moreel van aard is, verteenwoordig kerke die natuurlikste sosiale diens om hierdie kwessies aan te spreek. Die kerk verskaf holistiese, langtermyn oplossings wat verandering bring ten opsigte van hoe mense dink, wat uiteindelik bepaal hoe hulle lewe. Daarom behoort die kerk betrokke te wees in alle areas van gemeenskapslewe, insluitend skole, besighede en die regering.



So, waarom het ons nie verandering in ons gemeenskappe gesien nie? Wel, die een rede is omdat die kerk 'n doodloopstraat geword het waar God se leringe, guns en seëninge ophou vloei het. Die kerk was ontwerp om 'n kanaal te wees waardeur hierdie dinge moet vloei. Dit beteken dat soos God aan die kerk guns en seëninge gee, moet daardie dinge vir die gemeenskap aangegee word. Die kerk behoort betrokke te wees in plaaslike skole om kinders en ouers te beïnvloed. Die kerk behoort betrokke te wees in plaaslike besighede om die ekonomie te beïnvloed. Die kerk behoort in die plaaslike regering betrokke te wees om die beleid te beïnvloed. Wanneer die kerk strategies in hierdie areas betrokke raak, sal God se seëninge in die gemeenskap vloei en positiewe resultate teweegbring. Ons het nie nuwe programme nodig nie. Dis nodig dat die kerk sal begin funksioneer op die manier waarmee God dit geskep het. 



Hoe kan jou plaaslike kerk, skole, besighede en regering in jou gemeenskap beïnvloed?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Community Restoration And The Church

Daar is baie gesprekke oor gemeenskapsversoening. Mense sal verskillende sienings debateer. Sommige kerke het paneelgesprekke en ander hou konferensies. Sommige politici belowe nuwe inisiatiewe. Is dit egter alles net pr...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid