Leesplan inligting

Groei: Eerste treë saam met JesusVoorbeeld

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAG 6 VAN 20

DIE GESKENK VAN GENADE 


Hierdie is die tweede week van die eerste stappe van jou verhouding met jou Vader in die hemel. In hierdie week gaan ons ontdek wat God vir ons gedoen het, maar ook wat Hy in ons kom doen!


Ek wil jou aanmoedig om jou eie Bybel te gaan koop.


Ons leer van een van Jesus se dissipels, in Lukas 23:39-43, van ‘n rower wat langs Jesus gekruisig is. Tot ons verbasing sien ons hoe hy uitroep na Jesus, en Jesus gee hom die versekering dat hy die ewigheid sal ingaan sonder dat hy enige kans kon kry om iets te gaan doen wat dit sou verdien.


Soortgelyk hieraan ontdek ons dat ons iets van God ontvang sonder dat ons daarvoor hoef te presteer. Kyk na nog ‘n voorbeeld: Paulus. Hy vervolg die Christene, hy leef in totale opposisie tot Jesus en tog ontvang hy genade van God, wat dan ‘n radikale ommekeer in sy lewe veroorsaak.


Hierdie selfde persoon, Paulus, skryf nou aan gelowiges in die stad van Efese:


Efesiërs 2:4-5: Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus, uit genade is julle gered.


"Genade" is ‘n geweldige belangrike begrip in die Bybel. Genade is ‘n geskenk wat ons ontvang, nie op grond van ons eie goeie werke nie, maar deur die onverdiende guns van God. Genade is ‘n gratis geskenk.


Ons is vervul met die diepste waardering teenoor die Here, dat Hy nie op ons foute fokus nie. Sy guns trek ons uit die magtige stroom van goddeloosheid en ons sondige bestaan en red ons vir ewig. (Sien die lys waarvan ons gered word in Efesiërs 2:1)


Die enigste ordentlike reaksie van ons kant af, is om hierdie waarheid in ons diepste wese in te trek en om te begin verklaar dat ons deur genade gered is!


Verklaring: 


"Jesus, ek glo dat ek deur u genade gered is."


Aksiestap vir vandag: 


Begin om 'n lys te maak van alles wat in jou gedagtes opkom, wat ingesluit kon word in die geskenk van God se genade. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

Ons bedank Doxa Deo vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid