Leesplan inligting

Vind Vervulling in WerkVoorbeeld

Finding Fulfillment in Work

DAG 2 VAN 6

Werk is Moeilik

Dikwels vind ons dat ons werk nie bevredigend is nie, want dit is moeilik, ontmoedigend en glad nie 'n plesier nie. Projekte raak ontspoor. Idees misluk. Verkoopsyfers val. Ooreenkomste val deur die mat. Medewerkers bedank. Alledaagse take hoop op en lyk of dit nie 'n einde het nie. Genesis 1 vertel ons egter dat God sy mense geskep het om vir sy aarde te sorg en te laat uitbrei en om voorspoedig te wees. Hy het werk geskep as 'n manier vir sy mense om die gawes wat Hy aan hulle gee, te gebruik, alles tot sy eer. Werk is 'n manier om God te verheerlik in alles wat ons doen. Hoekom is werk dan so uitputtend en moeilik?


Gebreek deur die Sondeval

Werk self is nie inherent sleg nie, maar dit het nie die vernietigende gevolge van die sondeval vrygespring nie. Ons werk is gebroke en moeisaam omdat sonde dit en ons verhoudinge beskadig het. In Genesis 3 vervloek God die aarde oor Adam en Eva se ongehoorsaamheid. Ons leer dat mans op die aarde sal swoeg en vroue sal die pyne van bevallings verduur. Verhoudinge word verbreek en daarbinne sal ons sukkel om gesag af te dwing.


Die struikelblokke wat ons in werk teëkom — verveling, frustrasie, uitdagings, moedeloosheid en mislukking — is gevolge van die sonde. Ons werk is egter nie tevergeefs nie. Indien ons die konteks waarin ons werk verstaan, help dit om hierdie gevolge van die sondeval te versag. Die sondeval is nie die laaste hoofstuk van God se verhaal nie. Daar kom nog baie meer.


Gesindheid Maak Saak

Om vervulling in jou werk te vind te midde van hierdie sleurwerk en moeite verg 'n Bybelse perspektief en die regte gesindheid. Maak nie saak wat ons doen nie, dit is alles tot die eer van God. Alles maak saak vir God, van ons gunsteling en mees bevredigende werke tot dit wat alledaags en betekenisloos is.


Ons glo gewoonlik dat 'n bevredigende roeping net een kan wees wat ons geniet. Ten minste lyk werke wat ons geniet makliker. Daar was egter nog nooit 'n tyd in die geskiedenis met soveel geleenthede en vryheid om ons roeping en werke wat ons interesseer na te streef nie. Ons leef in 'n tyd waar die gevolge van die sondeval steeds so werklik en relevant is, maar hulle kom voor in 'n omgewing wat groot vryheid en baie geleenthede bied.


Wanneer jy dus vandag, môre en volgende week struikelblokke by die werk in die gesig staar, onthou dat in die alledaagse take en swaarkry, jou werk God verheerlik. Alhoewel jy nie die moeilike realiteite van werk kan weg wens nie, het 'n Bybelse gesindheid die krag om jou werksdag te transformeer.


Hoe kan jou gesindheid die manier waarop jy jou werk beskou, verander?


Bykomende Elemente

Ontdek hoe 'n Bybelse perspektief oor werk jou bevry om alles te wees wat God jou gemaak het om te wees in hierdie kort e-boek, Monday Morning Success.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Finding Fulfillment in Work

Hoe kan ons vervulling vind in werk wat ons dink nie vir God saak maak nie? Dit begin alles met 'n Bybelse perspektief. Ontdek die sleutel om vervulling in jou werk te vind deur te verstaan ​​hoe dit by God se ongeloofli...

More

Baie dankie aan the Institute for Faith, Work & Economics wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://tifwe.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid