Leesplan inligting

Waaroor gaan Paasfees?Voorbeeld

What Is Easter All About?

DAG 6 VAN 6

Genade Is Vir Almal!


Vir honderde jare lank het die profete die geboorte van 'n man voorspel. Hoe sy lewe sou wees. Hoe Hy sou sterf. Die belangrikste van alles was dat Hy na drie dae uit die dood sou opstaan. Toe gebeur dit alles! 


As Jesus nie daardie profesieë sou vervul nie, sou niemand omgegee het nie. As Hy nie gesterf en uit die dood opgestaan het nie? Mense sou dan net gedink het Hy is 'n groot leuenaar of van sy verstand af. Niemand sou daardie persoon onthou het nie. 


Jesus het egter gekom soos dit oor Hom voorspel was. Hy het gedoen wat Hy gesê het Hy gaan doen. Hy het gesterf. Sy volgelinge het alles gesien. Hulle was bang. 


Toe sien sy volgelinge ook dat Hy uit die dood opgestaan het! Dit het hulle baie moed gegee! Jesus se opstanding is wat Paasfees so belangrik, onvergeetlik en wêreldveranderend maak. 


Dis egter Jesus se genade en vergifnis wat so lewensveranderend is! 


Jesus het alle mense baie lief. Hy wil hê dat ons sy teken van genade met die wêreld sal deel. Die wêreld het dit nodig. Almal behoort te weet van God se bestaan. Hy het ons geskape. Hy gee vir ons om. Hy reik uit na ons en ons moet weer na Hom uitreik. 


Soos Jason gister gesê het; die wêreld is nie volmaak nie. Dis nog steeds gevul met gebrokenheid en pyn. God is egter deur alles by ons. Eendag sal Hy alles weer herstel, net soos dit was toe Hy dit geskape het! Daar gaan 'n nuwe aarde wees. Ons gaan vir ewig saam met God leef, sonder enige pyn of trane. Dis wonderlike nuus! 


Kyk na die video en sien dit as 'n uitnodiging om deel te word van God se groot liefdesverhaal en maak sy genade bekend oral waar jy gaan, vir die res van jou lewe! Paasfees is hier en dis vir altyd hier!



Vra jouself af: Hoe kan ek God se genade meer bekend maak? Wie ken ek teenoor wie ek gaaf kan wees en God se liefde bewys? Hoe kan ek die goeie nuus dat Jesus almal liefhet, wyd versprei aan mense wat ek teëkom?  


Bid: Baie dankie, Vader, vir Paasfees! Jesus leef! Ek is deel van u verhaal van liefde en vergifnis. Help my om elke dag u genade, liefde en vergifnis met ander te deel. In die Naam van Jesus. Amen.


Voor jy gaan, kyk na hierdie oulike video's van die Loop Show!


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

What Is Easter All About?

Eens op 'n tyd het 'n man sy eie dood voorspel. Hy het ook voorspel dat Hy net vir drie dae dood sou wees en dit was so! Jesus se dood en opstanding is die merkwaardige waarhede van die Paasverhaal. Christene vier nog st...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid