Leesplan inligting

Ek Is EntoesiastiesVoorbeeld

I'm Enthusiastic

DAG 1 VAN 4

Waarvan Is Jy Vol?



Die woord entoesiasme kan gedagtes van motiveringsprekers en rasieleiers oproep. Tog gaan die oorsprong egter terug na die Griekse taal as "en theos", wat beteken "in God", of om deur God besit te word, of selfs met God se Gees vervul te word. Die entoesiasme waarvan ons hier praat, gaan nie soseer oor goedvoel-praatjies en rasieleiers nie, maar eerder daaroor om naby God se hart te wees.



Vir wie het God 'n man na sy hart genoem? Dawid. As 'n reusagtige, onbesnede Filistyn jou hele gemeenskap bedreig het, sou jy uithardloop en hom tot 'n tweestryd uitdaag? Die jong Dawid het dit gedoen. Hy het die koning se opbeur-praatjie en wapenrusting van die hand gewys, en met slegs vyf gladde klippies, 'n slingervel en volle vertroue in God, na Goliat gehardloop.



Dalk is jou reus nie 'n enorme mens in 'n wapenrusting geklee nie. Dalk word jou gesin al hoe selfsugtiger en ongevoeliger teenoor ander. Dalk is jou skool oorval met skadelike, maar sosiaal-aanvaarde gedrag. Dalk is kollegas besig om die syfers te vervals. Het jy die entoesiasme — die "en theos" — om vyf "gladde" woorde te vind om iets te sê? Of vyf klein dade om te doen? Hardloop jy soos soos die jong Dawid vreesloos na probleme toe?



Waarom was Dawid in elk geval so vreesloos? Waar het hy al daardie entoesiasme gekry? Dawid het God elke dag vertrou, hy het daagliks met God gewandel en hy het God daagliks aanbid. As gevolg hiervan was Dawid vol van God. Môre sal ons kyk na wat gebeur het toe Dawid sy entoesiasme verloor het. Vooraf waarskuwing: As dit met 'n man na God se hart kan gebeur, kan dit met enigiemand gebeur.



Oorweeg: Dink terug aan 'n tyd wat jy die meeste entoesiasme ervaar het. Wat het jy gedoen om met die Gees van God gevul en met Hom verbonde te bly?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I'm Enthusiastic

Voel jy soms net lusteloos? Jy is nie alleen nie — selfs koning Dawid het sy vreugde verloor. Begin lees uit deel vyf van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan en raak weer entoesiasties.

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid