Leesplan inligting

Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom NederlaeVoorbeeld

Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlae

DAG 1 VAN 7

Die volgende leesplan is aangepas uit die vierde week van ons Nuwe Induktiewe Studiereeks op Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlae. Op Dag 7 is daar vrae wat dit moontlik maak om dié leesplan  óf as persoonlike studie, óf binne ‘n groep te gebruik.


Lees Rigters 6. Wees op die uitkyk vir die frases wat beskrywend is van die bose kringloop waarin die kinders van Israel vasgevang was:  Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete  ... Hulle roep die Here aan en die Here wek ’n verlosser’n rigter — op. 


Maak ‘n nuwe nota in Rigters 6 en ondervra die teks met behulp van die 5 W’s en H-vrae (Byvoorbeeld; Wie vind ons in die teks? Wat maak hulle? Waar vind alles plaas? Wanneer is die gebeure? Waarom reageer hulle soos wat hul doen? Hoe het hulle in hul situasie beland? ens.) om vas te stel wat jy daaruit kan leer. Skryf jou insigte neer in die nota.


(Jy kan óf gebruik maak van die “NOTA” funksie deur om op ‘n teksvers te klik óf jy kan al jou aantekeninge in ‘n notaboek  maak.)


Toepassing: Vra die Here in gebed om hierdie week jou hart voor te berei om reg te wees om elke waarheid te leer en te aanvaar wat Hy jou in sy woord gaan leer. 





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlae

Ons bevind onsself lewenslank te midde van 'n stryd. Dit was ook so vir God se volk ten tye van die Ou Testament. Josua moes teen ‘n oormag veg om die stad Jerigo te oorwin. Israel is voortdurend onderdruk in die Rigters...

More

Ons wil graag Precept Ministries SA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://precept.org.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid