Leesplan inligting

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag KenVoorbeeld

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken

DAG 7 VAN 7

Lees: 1 Korinthiërs 15:1-11. 


Vrae vir Bespreking of Persoonlike Studie



  • Wie is die sentrale figuur in die evangelie? Waaroor handel die evangelie van Jesus Christus? Indien jy die evangelie met iemand sou deel, wat sou die kernboodskap daarvan wees, soos jy dit vind in 1 Korintiërs 15:1-11? 

  • Wat was Paulus se besorgdheid ten opsigte van die evangelie, volgens Filippense 1:27-30? Wat leer jy uit hoofstuk 1 oor die ontvangs van die evangelie in Filíppi? 

  • Waardeur word redding in Jesus Christus vergesel, volgens wat jy uit Filippense 1:27-30 leer? Het jy as Christen dit self ervaar? Hoe het jy dit hanteer? Noem Paulus se vermaning aan die kerk in hierdie betrokke gedeelte. 

  • Wat leer jy uit die lees van Filippense 1 oor Paulus en wat dit van hom geverg het om die evangelie van Jesus Christus te verdedig?

  • Wat het jy uit hoofstuk 1 geleer oor dít wat Paulus gehelp het om vas te staan te midde van lyding vir die evangelie? Wat het Paulus die Filippense versoek om te doen?

  • Wat het jy omtrent gebed geleer? Wat is vir jou die moeilikste aspek van gebed?

  • Jy het vandeesweek die sleutelwoorde bly (verbly) gemerk. Wat het jy uit hierdie hoofstuk daaromtrent geleer? 

  • Wat het jou die diepste geraak terwyl jy Filippense bestudeer het?


Gedagte vir die Week


Soos ons duidelik uit vandeesweek se studie kon agterkom, is lyding ’n gawe van die Here — ’n gawe wat hand-aan-hand gaan met redding, en daarom iets is wat ons te wagte moet wees. Geliefde, ons moet onthou dat ons in die laaste dae leef; ’n tydperk wat met die koms van ons Here na die aarde begin het. Aangesien ons ons in die laaste uur bevind, is dit redelik van ons om te verwag om lyding vry te spring terwyl God se koninkryk in stryd is met die koninkryk van die duisternis? Die koninkryk van die duisternis en sy heerser van ouds, die ou slang wat die duiwel — Satan — is, loop rond soos ’n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslind.


Hoewel die leeu loop en brul, hoef ons nie te vrees nie. Die Leeu uit die stam van Juda, het, as die Lam van God, die duiwel oorwin toe hy die straf vir ons sonde ten volle betaal het.


Toe Jesus, volgens Hebreërs 2, ons Verlosser geword het en die sondeskuld van ons rekening verwyder is, is die duiwel, wat vantevore mag oor die dood gehad het, verslaan. Die sonde het aan Satan sy mag gegee; die bloed van Christus het dit van hom weggeneem.


Die “angel” van die dood is verwyder. Jesus dra die sleutels van die dood en die hel. Onthou dus dat, alhoewel jy ter wille van Christus moet ly, jy onwrikbaar moet bly staan. Jy is nie alleen nie, omdat Jesus alreeds by die deur staan. Hy kom binnekort om jou huis toe te neem. Hy wat die goeie werk — die verlossingswerk — in jou begin het, sal dit voleindig tot op die dag van Jesus Christus. Geliefdes, lyding is deel van hierdie proses van voleinding. Leef dus op so ’n manier dat julle rein en vir niemand ’n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus.


Indien jy verder wil studeer en die waarhede uit die boek van Filippense wil ontdek, gaan na ons webtuiste en bestel die volledige studie: Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken. 


https://shop.precept.org.za/product/dat-ek-hom-mag-ken/

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken

Waarom is dit dat mense so maklik mislei kan word aangaande geestelike sake ? In ’n tyd wanneer so baie mense beweer dat húlle al die antwoorde het, kan ons vind dat ons hopeloos verward is, en ’n verwronge begrip van Je...

More

Ons wil graag Precept Ministries SA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://precept.org.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid