Leesplan inligting

Die Krag Van VisieVoorbeeld

The Power Of Vision

DAG 1 VAN 5

Is jou lewensdoel vir jou duidelik? Dit is vir God — en Hy het jou vir 'n spesiale doel geskape! 



'n Visie is die instrument wat God gebruik om jou daartoe te lei. 



'n Visie is die prentjie van 'n toekomsbegeerte wat jou innerlike passie wek en jou verstand, liggaam en siel in pas bring. Die uitdaging is om daardie visie te ontdek en die moed te vind om dit uit te leef. 



Wat is God se plan vir jou toekoms? Kan jy jou dit voorstel? Vir sommige kom hierdie prentjie vinnig. Die meeste mense moet egter 'n reis onderneem om dit te ontdek.



Neem 'n oomblik en dink na oor die toekoms wat jy begeer. Bid daaroor! Laat dit uit jou hart uitvloei. Dit is die eerste tree om God se visie vir jou lewe te ontdek.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Power Of Vision

Visie is die belangrikste faktor wat goeie leiers van uitstaande leiers onderskei. Verken die proses wat God gebruik om visie in die lewe van Christene te skep.

Ons wil "International Leadership Institute" bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://ILITeam.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid