Leesplan inligting

Maak Tyd Om Te RusVoorbeeld

Maak Tyd Om Te Rus

DAG 1 VAN 5

Wat beteken dit om te rus?


Dit lyk of ons skedules voller word met elke maand wat verbygaan. Wanneer ons probeer om met vriende byeen te kom, is ons verbaas dat ons volgende oop aand eers oor 'n maand is. Daar is ons kinders se aktiwiteite, kerkaangeleenthede, werksprojekte, verjaarsdagpartytjies en somervakansies. Ons het ons hele lewe haarfyn beplan, wat ons met bitter min ruimte laat vir enigiets wat ons moontlik kan verkwik en vir ons rus kan bied.


Te dikwels dink ons rus beteken om lui te wees. Dit beteken egter dat ons tuis heeltemal kan ontspan en absoluut niks hoef te doen nie. Daar mag dalk 'n element daarvan in ons rustige tye wees, maar dit is nie die al nie.


Rus gaan oor herstel

Dit is om te weet dat ons gedreineer en uitgeput is en nodig het om vir 'n rukkie net 'n bietjie diep asem te haal. Dit is om jou beperkinge te ken en te weet hoe ons die lewe se daaglikse uitdagings hanteer. Vir ons liggame om werklik te herstel, moet ons oorvloedige rus kry, wat ook 'n goeie nagrus insluit. As ons gedurig moeg voel, sal dit wys wees om nie net vas te stel hoeveel slaap ons kry nie, maar ook die spesifieke tye wanneer ons slaap.


Rus gaan oor verkwikking

Dit gaan daaroor om te leer wat ons energie gee en wat nie. Dit gaan oor die besluit om aktiwiteite of rustigheid wat ons gees kan verkwik, in te sluit. As ons aanhou dinge doen wat ons uitmergel, eerder as om dinge te vind wat ons vul, sal ons nooit verkwikking ervaar nie. Gedurende ons tye van ontspanning moet ons meer in hierdie tenk insit as wat ons uithaal.


Rus gaan oor vernuwing

Dit is om 'n diepe vernuwing in elke faset van ons lewens te ervaar. Dit is om tyd saam met God deur te bring, sodat ons geestelik vernuwe kan word. Alhoewel ons daarvan hou om sekere dinge te doen wat ons verstandelik laat ontspan, het ons eintlik nodig om ons gees te verkwik deur elke dag tyd aan God af te staan. 


Gedurende die volgende vier dae gaan ons in diepte kyk na maniere om rus te vind vir liggaam, denke en gees. Ons sal leer hoe om roetines te skep wat daaglikse gewoontes word. Deur dit te doen, is ons op pad om verstandelike, emosionele, geestelike en fisiese uitputting uit ons lewens te elimineer.


Oordink dit 



  • Wanneer jy dink om rus te kry, voel dit dalk soos die onmoontlike?

  • Watter area van jou lewe voel jy, het die meeste rus nodig? Liggaam, verstand of gees? 

  • Skryf enige openbaring neer wat God aan jou gegee het tydens vandag se Skriflesing en oordenking.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Maak Tyd Om Te Rus

Werkverslawing en om gedurig besig te wees, word dikwels in ons wêreld aangeprys, wat rus dan 'n uitdaging maak. Om ons rolle en planne effektief uit te voer, moet ons rus of ons sal niks oorhê om geliefdes te ondersteun...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid