Leesplan inligting

Hoe Om Die Kerk Te WeesVoorbeeld

How To Be The Church

DAG 1 VAN 4

Wat is die Kerk



As jy gevra sou word om die woord "kerk" te definieer, wat sou jy sê?



'n Plek waarnatoe jy op 'n Sondag gaan? Aanbidding? Aanhoor van 'n boodskap?



Die meeste van die tyd praat jy van 'n gebou. Jy weet, 'n klomp stoele, 'n plek vir 'n spreker, miskien 'n kansel met 'n kruis op. Het jy geweet daar is 'n ander manier om die woord te gebruik? Dit het 'n hoofletter "K" en dit is eintlik nogal belangrik. As jy praat van die "hoofletter K" Kerk, praat jy van, wel, mense!



Die Kerk is nie 'n gebou, of 'n program, of 'n bediening of selfs 'n plek nie. Dit is 'n byeenkoms van mense wat saamkom om 'n lewende God te aanbid en van Jesus se onderrig te leer en dit uit te leef.



Saam is ons sy huis met Jesus as die middelpunt. Dit is die Kerk. Ons gaan die volgende paar dae daaraan wy om te leer hoe die kerk begin het, en hoe ons dit kan voortsit.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Be The Church

Wat is die Kerk werklik? Wat beteken dit om die Kerk te wees? In hierdie leesplan, sal jy ontdek hoe jy die Kerk kan wees wat 'n verskil in hierdie wêreld maak.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid