Leesplan inligting

Landbouweekblad Hart tot hartVoorbeeld

Landbouweekblad Hart tot hart

DAG 6 VAN 7

Kies julle dan vandag


In ’n vorige boodskap het ons die lig sterk laat val op die voortreflike leierskap van Moses. Hy moes teen die einde van sy lewe in opdrag van God vir sy volk ’n getuienislied leer sodat hulle kon onthou wie hul God is.


Vir Moses word ’n pragtige getuigskrif gegee: “Daar het nie weer ’n profeet in Israel opgetree wat soos Moses was nie. Hy het die Here persoonlik geken” (Deut 34:10).


En dan volg Josua, sy opvolger, wat in dieselfde kategorie van voortreflike leierskap val. Op hom wil ons vandag die lig laat val in die vertroue dat van dié lig ook op ons sal weerkaats.


Teen die einde van sy lewe lewer hy ’n afskeidsboodskap wat getuig van sy vaste vertroue op God. Hy daag eintlik die volk uit om ondubbelsinnig vír of téén God te kies. Luister wat sê hy: “Kies dan vandag wie julle wil dien . . . Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien” (Jos 24:15).


Een van die slegste dinge wat ’n volk kan tref, is leierskap wat onseker en rigtingloos is; leierskap wat nie self doen wat hulle verkondig nie. As ’n mandjie met vrugte van bo af begin verrot, het die onderste vrugte nie veel kans om gesond te bly nie.


Daar is ’n storie (dis moontlik uit die Griekse mitologie afkomstig) wat vertel van die krappe wat sielsongelukkig was omdat die klein krappies sommer van kleins af skeef loop. Hulle besluit toe om vir die wyse ou seeskilpad te vra wat die rede daarvoor kan wees. Die ou man het, sonder om te twyfel, geantwoord: “Die klein krappies doen maar net wat hulle by die groot krappe sien. Loop julle self reguit, dan sal die probleem vanself opgelos word.”


Hoe waar is hierdie stukkie wysheid nie!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Landbouweekblad Hart tot hart

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds. Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Ds. van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boe...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid