Leesplan inligting

Bruistablette vir die leweVoorbeeld

Bruistablette vir die lewe

DAG 6 VAN 7

  


Kompliment


  


Dit kikker my gemoed op wanneer iemand vir my ’n opregte kompliment vanuit ’n goeie hart gee. As ’n skrywer wat in isolasie werk, is dit vir my ’n wonderlike aansporing wanneer lesers my laat weet dat hulle ’n boek van my geniet het en dat dit vir hulle iets beteken het. Dit is wind onder my vlerke om aan te hou skryf en my gawes en talente te ontwikkel.


Ook as aktrise en spreker is dit vir my waardevol wanneer mense aan my bevestiging en erkenning gee. Dit is boustene wat my innerlike mens voed en opbou. ’n Opregte kompliment bou ’n mens op en voeg waarde by jou dag.


Tog kies so baie mense om eerder hulle monde soos beursies toe te zip en komplimente van ander te weerhou. Hulle swyg soos die graf en gee nooit positiewe terugvoering nie – selfs al hou hulle van iets. Dan is daar die derde groep wat verkies om eerder die kritiese lens uit hulle sak en hart te haal. Hierdie klakouse is uit gewoonte alewig op soek na iets in ander wat hulle kan afskiet en kritiseer – al is dit net die kleur van ’n rok of ’n neusring wat hulle nie geval nie.


Aan watter groep behoort jy? Opregte komplimente is gratis bruistablette wat ons as ’n lig en seën kan gebruik. Dit laat mense bruikbaar, menswaardig en geliefd voel. Moenie snoep wees nie – gee vandag nog ’n mooi kompliment weg.


  


Bruisgebed vir beter verhoudings: Here, gee dat ek elke dag sal kies om mense te komplimenteer en op te bou – tot eer van u Naam.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Bruistablette vir die lewe

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkies is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na ...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid