Leesplan inligting

100 dae van dankbaarheidVoorbeeld

100 dae van dankbaarheid

DAG 5 VAN 7

  


Versadig


 


“Versadig en verkwik,” het my ouma altyd gesê nadat sy ’n lekker bord kos geëet het.


“Versadig en verkwik,” het ek ook al dikwels ná ’n lekker ete gesê. Verkwik, want soos die woordeboek sê: Ek voel voldaan. Die kos op my bord was genoeg. Ek is versadig, my maag is vol. Ek is gelukkig en tevrede.


Dankbaarheid het ook die manier om ’n mens versadig en verkwik te laat voel. Net soos daardie voldane gevoel wat kos aan ’n maag gee, so kan dankbaarheid help om ’n hart vol maak.


In Psalm 36 getuig Dawid daarvan: Hy vertel van mense wat God se goedheid raaksien en onder sy vleuels skuiling soek. Dit is wat dankbare mense doen. Van hulle sê hy: “Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge” (Ps 36:9 – 1933/1953-vertaling).


In sy beroemdste psalm sing Dawid oor hoe God ’n mens se hart voldaan maak: “Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil” (Ps 23:3 – 1933/1953-vertaling). Ook wanneer jou lewe vol onrus is, help God jou deur jou hart vol te maak: “As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel” (Ps 94:19 – 1933/1953-vertaling).


Dis deur dankbaarheid dat ons God se verkwikking ontvang. Dankbaarheid is die hande waarmee sy genietinge en vertroostinge in ontvangs geneem word. Só word ons hart vol. En dan kan ons nie anders nie as om te sê: “Nou is ek versadig en verkwik. Ek begeer niks meer nie; ek voel voldaan. Die kos vir my siel is genoeg, my hart is vol. Ek is gelukkig en tevrede.”


GEBED: Here, dankie dat U ons hart vol maak van u genietinge.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

100 dae van dankbaarheid

Mense wat dankbaar is, is gelukkiger, slaap beter, fokus beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal streef. Ons leer hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvo...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid