Leesplan inligting

Die Manifes vir Romantiese AfsprakeVoorbeeld

The Dating Manifesto

DAG 5 VAN 7

Strewe


Aanvaar jou rol in romantiese afsprake en verhoudinge. Dit beteken vir mans dat julle bereid moet wees om die aanvoer werk te doen, en dames, julle moet bereid wees om te reageer. Beteken dit dat as dames, ouens uitvra op 'n romantiese afspraak dat hulle gedoem is? Nee, maar dit sal beslis nie ideaal wees nie. Dit is hoekom:


Ek ken getroude vroue wat dikwels kla oor hulle mans se gebrek aan leierskap of inisiatief. Dit kan iets klein wees soos sy onvermoë om 'n rolprent of pizza bolaag te kies, of iets groot soos sy weiering om hulle kinders te dissiplineer of om kerk toe te gaan. Wanneer ek vir die vroue vra wanneer hierdie gedragspatrone begin het, kan die meeste van hulle dit maklik terugbring na hulle "uitgaan-dae" toe.


Want dames, die gedragspatrone wat jy vestig in jou tydperk van romantiese afsprake, sal oordra in die huwelik. As jy met 'n leier wil trou, moet jy met 'n leier uitgaan.


Mans, tree dus so op. Berei jou voor om met vrymoedigheid 'n dame uit te vra. Dit mag aanvanklik skrikwekkend wees. Dit mag dalk ongemaklik wees. Jy sal oefening en miskien 'n paar wenke nodig hê. Jy sal egter die regte ding doen.


Wanneer ek sê "wees vrymoedig", sê ek ook om die grootste deel van die risiko te neem. Dit is jou rol. Jy gaan jou voornemens stel (Ek wil graag op romantiese afsprake met jou gaan) en vir die dame 'n veilige ruimte voorsien om te aanvaar of nie. Met ander woorde, jy gaan jou kaarte plat op die tafel neerlê terwyl sy haar kaarte styf teen haar bors vashou. Jy sal haar laat reageer en jy sal haar reaksie met grasie aanvaar. As sy jou verwerp, sal jy haar nie verneder of beskaam nie. Jy sal net sê: "dankie."


Carolyn McCulley het so 'n tydjie gelede iets gesê wat hierdie hele saak vir my kristalhelder gemaak het. Sy het gesê: "Mans vertrou op God deur die risiko van verwerping te neem; vroue vertrou God deur te wag".


Dus, hoe lyk die regte manier nou eintlik? Vir mans is die regte toepassing wat Spreuke 18:22 staan: "Wie 'n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here." Let op die woord "kry"? Dit is 'n aktiewe werkwoord. Dit beteken aksie en voorneme, om uit te gaan en te soek en na te strewe.


Dames, behandel julle mans met vriendelikheid, nie deur ander uit te sluit nie, maar daar is niks mee verkeerd om 'n bietjie spesiale aandag aan iemand te gee nie. Ek het so tydjie gelede gehoor: "Dames, laat die mans die jagters wees, maar moenie bang wees om opsetlik 'n paar takkies raak te trap nie."


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Dating Manifesto

Nog steeds enkellopend, alhoewel jy dalk eerder getroud wil wees? Lisa Anderson, gasheer van die "Boundless-potgooi" is ook enkellopend. In haar tipiese humorgevulde styl, bied sy goeie Bybelse insigte en bemoediging wat...

More

Baie dankie aan Lisa Anderson en David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.dccpromo.com/the_dating_manifesto/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid