Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 1 VAN 24

Ons Het Mekaar Nodig Op die Reis van die Lewe!


Die Bybel sê in Kolossense 2:6-7: "Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe." Die Bybel vergelyk die lewe dikwels met 'n staptog, want jy sit nie net stil in die lewe nie. Ons is op 'n reis! Regdeur die Nuwe Testament word ons aangesê om met wysheid, met liefde, in die lig, in gehoorsaamheid, en in die Gees te wandel.

Een van die belangrikste maniere egter waarop God ons vertel om te wandel, is dit: Jy was nooit bedoel om alleen deur die lewe te gaan nie. Dit het niks te doen met of jy enkellopend of getroud is nie. Die huwelik los nie die probleem op nie, gemeenskap doen. Jy vind gemeenskap in jou geestelike familie — die Liggaam van Christus.


Sommiges sê: "Wat is verkeerd daarmee om alleen te loop? Ek hou daarvan om alleen te loop. Trouens, ek verkies dit. Ek kan teen my eie tempo gaan. Ek hoef nie vir iemand te wag nie."


Jy mag dalk daarvan hou om alleen te loop, maar jy het ander nodig om saam met jou deur die lewe te loop. Laat ek jou drie redes gee.


1. Dit is veiliger. Moes jy al in die nag alleen deur 'n donker steeg loop of op 'n lang eensame pad ry? Dit kan nogal verontrustend wees. Dit is veiliger om saam met ander deur die lewe te gaan.


2. Dit is ondersteunend. Daar is 'n ou Zambiese spreekwoord wat sê: "Wanneer jy alleen hardloop, hardloop jy vinnig. Maar wanneer jy saam hardloop, hardloop jy ver." Die lewe is nie 'n 50-treë naelloop nie, dit is 'n maraton! Die enigste manier hoe jy die wedloop goed gaan voltooi en nie uitbrand nie, is as ander mense in jou lewe betrokke is deur middel van betekenisvolle verhoudings.


3. Dit is slimmer. Jy leer meer deur saam met ander te loop as wanneer jy alleen loop. Spreuke 28:26 sê: "Wie op homself vertrou, is 'n dwaas." Met ander woorde, as jy die enigste een is wat iets dink en niemand stem saam met jou nie, mag jy dalk in die verkeerde rigting loop. Wanneer jy alleen deur die lewe loop, is daar niemand wat sê: "Ons is van die pad af. Ons moet terugkom op die pad en in die regte rigting gaan."


Efesiërs 4:16c (NLV) sê: "Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op."


Jy moet ander mense in jou lewe hê om jou te help groei tot die persoon wat God jou gemaak het om te wees. Die lewe gaan oor verhoudings. God is liefde, en Hy wil hê jy moet leer om Hom lief te hê en om ander lief te hê. Dit is die twee grootste lesse in die lewe.


Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid