Leesplan inligting

Waarom Jesus? Voorbeeld

Waarom Jesus?

DAG 2 VAN 5

Waarom het Hy gekom en waarom het Hy gesterf? 


Jesus is die enigste man ooit wat gekies het om gebore te word, en Hy is een van die min wat uit vrye wil gekies het om te sterf. Hy sê die enigste rede waarom Hy gekom het, is om vir ons te sterf. Hy het gekom ‘om Sy lewe te gee as losprys vir baie mense’ (Markus 10:45).


Jesus sê Hy het ‘vir’ ons gesterf. Die woord ‘vir’ beteken ‘in die plek van’. Hy het dit gedoen omdat Hy ons liefgehad het en nie wou hê dat ons die straf moes dra vir alles wat ons verkeerd doen nie. Op die kruis het Hy eintlik gesê, ‘Ek sal al hierdie dinge op My neem’. Hy het dit vir jou gedoen en Hy het dit vir my gedoen. As ek of jy die enigste mens op aarde was, sou Hy dit ook gedoen het. Paulus skryf van ‘die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur Sy lewe vir my af te lê’ (Galasiërs 2:20). Dit was uit liefde vir ons dat Hy sy lewe as losprys gegee het.


Die woord ‘losprys’ kom uit die slawemark. ’n Goeie mens kon ’n slaaf koop en hom/haar vrystel – maar die losprys moes eers betaal word. Jesus het, met Sy bloed aan die kruis, die losprys betaal om ons vry te maak.  

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Waarom Jesus?

Baie mense is vandag nog gefassineer deur Jesus. Waarom is daar soveel belangstelling in iemand wat 2 000 jaar gelede geleef het? Waarom sou mens die moeite doen om uit te vind? In hierdie vyfdag-leesplan, aangepas uit N...

More

Ons wil graag Alpha bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alpha.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid