Leesplan inligting

Die Konstruksie Van Die TabernakelVoorbeeld

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

DAG 1 VAN 10

DIE SILWERFONDAMENT VAN DIE TABERNAKEL

Die woord “tabernakel” beteken eenvoudig “tent” of “tentwoning”. Dit was ’n langwerpige gebou van sowat 45 voet (13,8 m) lank by 15 voet (4,6 m) breed met twee vertrekke: die eerste heiligdom en die tweede heiligdom, of die Heilige en die Allerheiligste.

Die fondament het uit eenhonderd silwervoetstukke (Ex 38:27) bestaan. Hierdie voetstukke was soos volg gerangskik: veertig aan die suidekant (Ex 26:18-19); veertig aan die noordekant (Ex 26:20-21); sestien aan die westekant (Ex 26:25); en vier aan die voorkant (ooste) van die Allerheiligste – die vier pilare waaraan die voorhangsel, wat die Heilige en Allerheiligste geskei het, gehang het (Ex 26:31-32). 

Wanneer die silwervoetstukke in rye langs mekaar geplaas is, was hulle heel waarskynlik aan mekaar geheg deur ’n metode bekend as swaelstert-verbinding. Elke voetstuk was aan die volgende verbind; saam het hulle ’n basis gevorm wat sterk genoeg was om die drie goue mure van die tabernakel regop en in posisie te hou. Elke silwervoetstuk het ’n talent (60 kg) geweeg (Ex 38:27). Die totale gewig van die honderd silwervoet-stukke was 6 ton.

Hierdie voetstukke van silwer is op die woestynsand geplaas. Die regop Akasiahoutstyle, oorgetrek met goud (die mure van die tabernakel), het bo-op die silwervoetstukke in tappe gepas. Die hele gebou – die tabernakel self – het gerus op suiwer silwer, ’n fondament van silwervoetstukke.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

Reg aan die begin van ons studie rakende die tabernakel moet ’n keuse gemaak word: Begin ons by die Allerheiligste soos ons sien die Bybel dit in Exodus 25 doen, begin ons by die silwerfondament van die tabernakel self, ...

More

Ons wil graag bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid