Leesplan inligting

Dagstukkies vir besige vroueVoorbeeld

Dagstukkies vir besige vroue

DAG 5 VAN 7

Skuilplek - Lizette Murray


  


Ek stap met my eerste baba oor ons huis se drumpel. En ek wéét: Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Tussen die bekende huisgeluide klink daar skielik ’n nuwe stemmetjie op. Sterk. Dwingend. En ek is hierdie piepklein mensie se ma. Hy is vir álles van my afhanklik.


Saam met die dankbaarheid en ekstase is daar ’n beklemming oor die onbekendheid van hierdie pad. Daar is nie ’n kursus in ma-wees nie.


Ma-wees begin by nederigheid. En afhanklikheid. Soms is die Here jou enigste gespreksgenoot in die lang nagte en die uit-beheer-voel-dae. In jou onmag gesels jy met God, ook oor onbenullige dingetjies. Dis goed so. Dit skep ’n bewustheid van sy immerteenwoordigheid by jou. Jou gebede weef ’n digte vangmat waarop jou kind later saggies kan land. Jou gebede skep  ’n skuilte waarin jou kind veilig kan grootword. En wat hulle later “huis” sal noem.


Hou vas aan die verwondering van daardie eerste babadae. Dra jou kinders hulle lewe lank aan ons alwetende Vader se sorg op. Én vertrou Hom dan. Vir die alledaagse én vir alles wat ons kinders se ewigheid raak.


Ons kinders is immers ewigheidskinders. En hulle skuilplek is die allerhoogste God.


  


Vader, help my om U só te dien dat my huis vir my kinders ’n veilige skuilplek sal wees waar U woon en regeer. Amen.



Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Dagstukkies vir besige vroue

Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jo...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid