Leesplan inligting

Hoop op HomVoorbeeld

Hoop op Hom

DAG 2 VAN 5

SOOS REËN UIT DIE HEMEL


Mag hy wees soos reën vir plante, soos reënbuie wat die aarde natmaak. (Psalm 72:6)

As die gras in ons tuin te lank raak, vat ons die grassnyer en sny die gras. Soms lyk dit hierna of die grasperk heeltemal verwoes is. As ons dit egter dadelik bemes, kom daar binne ’n paar dae nuwe gras op wanneer dit reën en dan lyk die grasperk soveel beter as vantevore. 


Soms voel ons ook soos ’n grasperk wat pas gesny is en nie so goed lyk nie. Miskien is jy pas gediagnoseer met ’n terminale siekte. Miskien het jy ’n geliefde verloor en jy weet nie of jy kan aangaan nie. Jy kan, want die Here sál reën uit die hemel stuur. Dit sal jou stimuleer en jy sal weer lewe. Trouens, jy sal beter lewe as voorheen. 


Dit is waarom die Here sê ons moet wedergebore word: “Moenie verwonderd wees dat Ek vir jou gesê het julle moet van bo gebore word nie” (Johannes 3:7). Dis ’n nuwe begin vir ons. Dis egter nie moontlik vir iemand om oor en oor gebore te word nie. Jy word net een keer wedergebore. Voordat jy wedergebore word, voel jy dalk nes ’n gesnyde grasperk. Dan kom die Heilige Gees egter oor jou en verkwik jou siel en veroorsaak nuwe groei in jou lewe. 


Wanneer ons deur ’n tyd van beproewing gaan en dink dat ons nooit weer daarvan sal herstel nie, verseker God ons dat ons wel sal herstel. Ons sal, want God sal op die regte tyd reën uit die hemel laat neersak. Hy sal verkwikkende, lewegewende reën stuur, reën wat vol goedheid en genade is. 


Onthou dat God ’n goeie God is. Hy is vir jou, nie teen jou nie. Die Here sal vars reën uit die hemel stuur en dit sal vir jou ’n splinternuwe begin gee. Gaan dus vandag uit en sê: “Here, ek verwag ’n nuwe begin!”


GEBED: Here, soms voel ek neerslagtig, asof dit te moeilik is om op te staan ná die stampe en stote wat die lewe my gegee het. Versterk my asseblief en verseker my daarvan dat U vir my ’n splinternuwe begin sal gee. Amen
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hoop op Hom

Wanneer God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie. Selfs wanneer dit voel of jy in ’n diep vallei is, sal God jou na veiligheid dra. Plaas jou hoop en vertrou in Hom, want Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hierd...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid