Leesplan inligting

God Se Beloftes Uit EfesiërsVoorbeeld

God Se Beloftes Uit Efesiërs

DAG 1 VAN 6

ONS HET BAIE GEESTELIKE SEËNINGE 


Efesiërs 1:3 sê iets van al die seëninge wat daar in die hemel is. Ek dink ek en jy moet ’n bietjie tyd vat en moeite doen om te dink oor wat God vir my en jou bedoel het as ons Christene is. Ons is partykeer tevrede met so min. Ek wil maar net eendag hemel toe gaan, ek sukkel hier op aarde, kry swaar en al hierdie klas van goed. As ek en jy aan Christus behoort, is daar soveel seëninge, ons kan dit nie eens tel nie. Al hoe ons dit gaan kry, is as ons hierdie beloftes aangryp en ons eie maak. 


Hemelse Vader, baie dankie dat in Christus ons geseëndes, meer as oorwinnaars is. In Christus is daar soveel seëninge wat U vir ons wil gee en ons wil vanoggend begin om van hierdie seëninge te ontvang. Leer ons asseblief wat dit is. Amen. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God Se Beloftes Uit Efesiërs

Daar is soveel skrifte wat ons leer dat ons in die Woord moet bly en dat die Woord die kern van ons geestelike groei en ons groei in verhouding met Jesus is. Ek glo die dagstukkies oor God se beloftes kan jou ook help o...

More

Ons bedank Andries Enslin en Carpe Diem Media vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lewensentrum.org.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid