Leesplan inligting

Ondenkbare Verlossing: God Se Teenwoordigheid In Miskraam En OnvrugbaarheidVoorbeeld

Inconceivable Redemption: God's Presence In Miscarriage And Infertility

DAG 4 VAN 8



Ongeduld

Nadat ek moeilike, geestelike werk gedoen het om deur die see van vrae te werk om duidelikheid in God se waarheid te vind, het ek gewag. En gewag. Ek het ongeduldig begin raak met God se tydsberekening.


Ek het nou wegbeweeg van depressie sonder ambisie, en terugbeweeg na my gewone, doelgerigte persoonlikheid. Watter beter doel kon ek hê as om uit te vind hoe om 'n baba te hê? As daar 'n manier vir my was om die swangerskap-probleem op te los deur logika, navorsing, wetenskap of eenvoudige kreatiwiteit, sou ek dit vind! 


Ek was so baie soos Abraham in die Ou Testament. God belowe hom ontelbare nasate, maar as die vervulling van die belofte onmoontlik lyk, neem Abraham sake in eie hande. Hy slaap by sy diensmeisie in 'n poging om sy familielyn voort te sit en kry 'n kind by haar. (Genesis16) Die inisiatief kom voor as 'n positiewe karaktertrek, tensy ons dit gebruik om ons weergawe van wat ons dink God se wil moet wees, af te dwing, eerder as om op sy tydsberekening te wag.


Hierdie gewag is nie sonder doel nie. Dit bring die verhaal van die pottebakker en die klei in Jeremia 18 na vore. Daar is net een manier om 'n goeie skepping tot 'n beter een te vorm. Dit moet heeltemal vernietig word, met geweld op die wiel neer gegooi word en dan versigtig gevorm word in die pragtige meesterstuk wat die kunstenaar in gedagte het. Die proses is pynlik, en dit is moeilik om nie op die verlies te fokus nie, want ons sien nie die eindresultaat wat God in gedagte het nie. Soms is die transformasieproses van hartseer en die wag die enigste manier hoe ons kan word wie God wil hê ons moet wees. Transformasie neem tyd, en net God weet hoe lank.



Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Inconceivable Redemption: God's Presence In Miscarriage And Infertility

Ervaar jy die pyn en hartseer van swangerskapverlies? Kom ons stap deur die vele emosies, vra die moeilike vrae en soek Bybelse antwoorde. God se ondenkbare verlossing is nie net moontlik in die donkerste oomblikke nie, ...

More

Ons wil graag vir Erin Greneaux bedank vir haar boek "Inconceivable Redemption: God's Presence in Miscarriage and Infertility" vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek gerus: http://www.greneauxgardens.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid